Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘The Snail and the Whale’ word bekroon

Terwyl die Suid-Afrikaanse animasiefliek The Snail and the Whale op die Oscars se kortlys vir beste kort animasiefliek pryk, is dit Vrydag op die 48ste Annie-toekenningsaand as beste spesiale produksie aangewys.

Triggerfish
The Snail and the Whale het Vrydag 'n Annie-fliekprys gekry.

Dié pryse, wat in ’n virtuele seremonie toegeken is, is ’n afdeling van die Los Angeles-tak van die Internasionale animasierolprentvereniging.

The Snail and the Whale is ’n fliek deur die regisseurs Max Lang en Dan Snaddon en deur Magic Light Pictures in Engeland vervaardig en die animasie is deur Triggerfish Animation Studios in Kaapstad gedoen.

Triggerfish
Triggerfish het die prys vir 'The Snail and the Whale' op sy Facebook-blad gedeel.

Dit duur sowat 26 minute en is op Showmax te sien.

Dit is gegrond op die Engelse kinderboekskrywer Julia Donaldson en die Duitse kinderboekillustreerder Axel Scheffler se gelyknamige kinderboek, wat in 2003 uitgereik is.

Magic Light Pictures en Triggerfish Animations Studios se samewerking aan die kort animasierolprent Revolting Rhymes is in 2018 in dieselfde kategorie vir ’n Oscar benoem.

Meer oor:  Triggerfish  |  Oscars  |  Annie-Fliekpryse  |  Flieks  |  The Snail And The Whale  |  Animasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.