Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Tiener-seksualiteit met deernis belig

Love, Simon

Tienerdrama

***

Lanklaas is kalwerliefde, stereotipes, verhoudings en seksualiteit, so ingewikkeld dog sensitief belig in ’n moderne liefdesdrama op die silwerdoek.

Nick Robinson vertolk die hoofrol in die tienerdrama Love, Simon.

Love, Simon, is beslis ’n goeie fliekkeuse vir die hele gesin of vir daardie eerste afspraak met iemand spesiaals. Boonop kielie die fliek jou deurgaans met humor, relevante verwysings en ’n storielyn wat jou op jou tone hou.

“Wie is Blue? Waar is hy? Wanneer kom hy?”

Tog was dit nie so maklik om so openlik te wees oor sy seksualiteit nie.

Simon het die pad van skaamte en verwarring geloop voordat hy homself so vreesloos in daardie oomblik kon ontbloot.

Een groot verskil in dié fliek is dat daar geen ontkenning is nie. Die prent beeld die proses uit om seksualiteit aan ouers, vriende en die gemeenskap bekend te maak. Die draaiboek stoei met die vanselfsprekendheid waarmee heteroseksualiteit as norm aanvaar word.

Maar soos die gesegde lui: “Dit verg ’n hele dorp . . .”

Simon se ouers, vertolk deur Jennifer Gardner en Josh Duhamel, vriende en skool verbaas hom en oortuig hom dat hulle hom steeds sien soos vantevore – net normaal.

Hy word daarmee ook die inspirasie vir ander tieners om op ’n sosiale platform te bieg oor hul eie, versteekte waarhede.

En so aan die einde besef die kyker Simon en sy vriendekring is normaal en sulke situasies is alledaags. Die optimistiese hantering daarvan in hierdie fliek is inspirerend.

Die draaiboek is hier die goue eier in die nes.

Dit normaliseer seksualiteit met die nodige deernis, sensitiwiteit en empatie.

Daarby is die kinematografie ondersteunend en met tye verleidelik.

Die regisseur, Greg Belanti, se teer beligting uit vorige tienerdramas en bekende tienerflieks is ooglopend, maar dit is steeds verfrissend hoe dit hier ’n ander perspektief bied.

Love, Simon is die regte keuse vir ontspanning en nabetragting.

  • Ouderdomsperk: 13T. Tydsduur: 90 minute.
Meer oor:  Fliek  |  Love
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.