Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Tom Hanks dalk Geppetto in Disney se ‘Pinocchio’
Tom Hanks word oorweeg vir die rol van die nimlike Geppetto in ‘Pinnochio’. Foto: Getty

Die Hollywood-ster Tom Hanks en regisseur Robert Zemeckis gaan heel waarskynlik die vierde keer saamspan, dié keer vir ’n Disney-weergawe van die kinderverhaal Pinocchio.

Albei is met Oscars bekroon vir Forrest Gump en het daarna ook saamgewerk aan Cast Away en die Kersfeesrolprent The Polar Express.

Hoewel onderhandelings vir Pinocchio nog in ’n vroeë stadium is, het ’n voëltjie gefluit dat Hanks, nadat hy die teks gelees het, Zemeckis gekontak het om te sê hy sal baie graag die rol wil speel. Dit is die tweede keer dat Hanks ’n gunsteling vir die rol van Geppetto is. Jare gelede, toe Paul King dit sou regisseer, is Hanks ook genader. Die projek is egter nooit deurgevoer nie.

Die klassieke Pinocchio-verhaal van 1940 gaan oor die bejaarde Geppetto wat ’n houtseuntjie skep. Pinocchio se gewete, ’n kriek, vertel hom hy kan in ’n regte seun verander as hy homself as eerlik, dapper en onselfsugtig bewys.

Pinocchio is deel van Disney se strategie om kinderverhale in lewende aksie weer te gee, soos met Aladdin, Beauty and the Beast en The Lion King.

Hanks is tans nog betrokke by die biografiese rolprent oor Elvis Presley, waarvan die verfilming onderbreek is toe hy en sy vrou, Rita, albei positief getoets is vir die koronavirus.

Die laaste fliek waarin Hanks te sien is, is Greyhound, ’n drama oor die Tweede Wêreldoorlog waarvoor hy self die draaiboek geskryf het en op Apple TV+ vertoon is. Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne variety.com, nypost.com en deadline.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.