Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Tot 70% van fliekteaters in VSA kan vou

Tot 70% van fliekteaters in Amerika sal moontlik nie hul deure kan oophou as die regering hulle nie geldelik ondersteun nie.

James Cameron. Foto: Argief

Dit geld veral die klein en middelslag-fliekteatermaatskappye wat weens die impak van die Covid-19-inperkingsregulasies gelikwideer sal moet word.

Baie rolprentvervaardigers insluitende James Cameron, Clint Eastwood, Ang Lee, Greta Gerwig, Christopher Nolan en Jordan Peele het ’n ope brief aan die Amerikaanse kongres onderteken waarin ’n pleidooi om hulp gerig word.

Ook die Motion Picture Association en die Directors Guild of America ondersteun die versoek en sê “rolprente is ’n noodsaaklike bedryf wat die beste talent en kreatiwiteit in Amerika verteenwoordig”.

Clint Eastwood. Foto: Argief

Flieks is so swak bygewoon nadat die teaters die eerste keer in ses maande weer hul deure oopgemaak het, dat rolprentmaatskappye besluit het om groot en duur flieks eers in 2021 uit te reik.

West Side Story van Steven Spielberg, Warner Brothers se Wonder Woman 1984 en Black Widow is van die flieks wat teruggehou is nadat Nolan se Tenet nie goed by die loket gevaar het nie.

Volgens Walt Disney en Universal Pictures is dit nie lonend om die groot flieks uit te reik as fliekgangers nie gereed is om na die teaters terug te keer nie en te min teaters oop is.

Dit is egter in ’n mate teenproduktief omdat teaters goeie flieks nodig het om fliekgangers terug te lok.

In die brief word versoek dat geld uit die Cares-program beskikbaar gestel word. Cares is ’n stimulusprogram wat pres. Donald Trump in Maart aangekondig het. Dit is juis daarop gemik om bedrywe te red wat weens die Covid-19-pandemie die gevaar loop om ten gronde te gaan. – latimes.com, bloomberg.com, dispatch.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.