Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Trichardt Saterdag in nostalgiese Kersprent op kykNET
Carel Trichardt vertolk die hoofrol in die Kersprent “Poskantoor 1”.

’n Heilsame en nostalgiese rolprent oor Kersfees wat elkeen kan geniet, is hoe die skrywer-regisseur Nico Scheepers sy televisieprent Posbus 1 opsom.

Dit sal op Saterdag 5 Desember om 20:00 op kykNET te sien wees.

Hy het gesê hy was ongelooflik bevoorreg om met Carel Trichardt en Petru Wessels in die hoofrolle te kon saamwerk. “Dit was ’n werklik spesiale tyd saam met hulle.”

Trichardt is te sien as Ben en Wessels is sy vrou. Hulle ontvang al 30 jaar lank elke Kerstyd briewe van kinders wat dink dat hul adres dié van Kersvader is. Hulle het dit nooit oopgemaak nie omdat hulle glo as jy een oopmaak, moet jy almal oopmaak. Wanneer Ben se vrou sterf, besluit hy tog om net een brief oop te maak.

“Die prent gaan eintlik ook oor eensaamheid tydens die Kerstyd ná die dood van jou lewensmaat.”

Dan is daar ’n magiese realistiese element. “Ek kan myself mos nie help nie,” skerts Scheepers. Hy is bekend as teaterskepper van onder meer produksies soos Amper, Vrystaat, Nêrens, Noord-Kaap en die magiese kortprent as Die maan val bewusteloos.

Ander spelers in Poskantoor 1 is onder andere Cindy Swanepoel, Danielle Bornman, Je-Anie Swiegelaar en Elzabé Zietsman.

*Posbus 1 is op 5 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Om 21:30 kan kykers regskuif vir die kortprent Die Openbaringe van ds. Tienie Benade met Frank Opperman. Dit volg op die teaterstuk geskryf deur Dana Snyman Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade.

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.