Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Trouble’ net wat nodig is vir ’n bietjie vreugde
Trouble, die troetelhond wat onverwags op straat beland.

Avontuur gemeng met komedie is net wat gesinne met jong kinders nou nodig het en dit is presies wat van Vrydag af op DStv BoxOffice beskikbaar sal wees.

Trouble is die titel van die animasiefliek en die naam van die hoofkarakter, ’n bedorwe hond wat genoodsaak word om te leer hoe om in die regte wêreld te leef.

Vandat Trouble ’n klein hondjie was, het hy alles gehad waarvan ’n hond kon droom – ’n groot herehuis waar hy na hartelus kon speel, filet vir middagete, satynlakens om op te slaap. Maar ná sy skatryk eienaar dood is, is hy alleen en op soek na ’n tuiste. Intussen het familielede van sy eienaar ’n dierespeurder aangestel om Trouble op te spoor toe hulle verneem hy is die sleutel tot hul ryk oom se nalatenskap.

Voordat die speurder Trouble kan opspoor, kruis sy hondepad dié van Rousey, ’n ruwe straathond, wat hom die moets en moenies van die regte wêreld leer. Hy leer ken ook vir Zoe, ’n 18-jarige musikant wat sukkel om haar voete te vind. Rousey en Zoe leer Trouble op verskillende wyses dat dit wat die meeste in die lewe saak maak, nie is wat jy het nie, maar wie jy aan jou kant het.

Zoe, die 18-jarige musikant in die animasiefliek ‘Trouble’.

’n Lang rits bekendes se stemme gee lewe aan die karaktervolle fliek, onder andere die kletsrymer Sean (Big Sean) Anderson as Trouble, asook Lucy Hale, Pamela Adlon, Joel McHale, Seth Rollins, Olivia Holt, Betty White en die sanger Snoop Dogg.

Meer oor:  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.