Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
TV-verhoog: Die ‘engele’ se opstand teen diskriminasie

Angels in America
met Andrew Garfield en Nathan Lane. Skepper: Tony Kushner
 ****

Ek het dié produksie destyds in New York gesien, vandaar die vier sterre. In dié luisterryke produksie, die jongste in die National Theatre at Home-reeks vanuit die West End in Londen wat jy aanlyn kan stroom, speel verskeie blink sterre die hoofrolle.

Eerstens die man wat ’n teaterganger glo ’n hartaanval in Londen gegee het toe hy op die verhoog van sy hemp in ’n ander produksie ontslae geraak het, Looking se Russell Tovey. Die teaterganger is op ’n draagbaar uitgedra . . .

Die ster is egter die oud-Spider-Man Andrew Garfield. Ook in die rolverdeling is Denise Gough, wat teatergangers sal herken in pre-Covid-19 se The Painter, en Nathan Lane, ’n legende in sy eie etensuur: die man wat sulke kamp-kriewel-komiese spel in Birds of a Feather gelewer het, (later The Bird­cage op die silwerdoek) waar hy loshande die kollig gesteel het.

Onthou net dat die produksie meer as vier uur lank is, maar in twee dele aangebied word. Deel 1 is twee uur en deel 2 ’n snapsie langer. Op die verhoog is dit op alternatiewe aande aangebied, maar as jy dit stroom, is daar ’n blaaskans!

Dit gaan oor hoe daar teen gay mense in Amerika gediskrimineer is, veral tydens die vigspandemie in die 1980’s. Of, soos die mediareklame dit wil hê: “Hulle (gay mense) het baklei teen diskriminasie, lewe en dood, liefde en seks en die hemel en die hel.”

  • As jy daarna wil kyk, gaan na die National Theatre se webwerf: www.ntathome.com/products en klik op Angels in America Part I en dan Part II om dit te huur. Jy moet sowat R177 betaal. Slegs vir oopkop teatergangers.
Meer oor:  Tv-Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.