Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Twee Oscar-hoopvolles onder dié week se prente
Frances McDormand vertolk die rol van ’n weduwee in haar 60's wat Amerika deurkruis agter loswerk aan om liggaam en siel bymekaar te hou in die rolprent ‘Nomadland’.

Twee rolprente wat op 25 April in die Oscarresies sake uitspook, begin Vrydag in rolprentteaters wys.

Dis die langverwagte Nomadland, wat pryse inhark, asook Judas and the Black Messiah, wat hoog aangeskryf word. Beide prente staan met ses nominasies stewig in die Oscarstryd.

•Sedert die skrywer-regisseur Chloé Zhao se rolprent Nomadland verlede jaar in September die Goue Leeu, die topprys op die Venesiese rolprentfees, gewen het, ryg die prent pryse soos kraletjies in. Tiek maar af. Die Golden Globe, die Bafta, die Producers Guild of America-prys, om net ’n paar van die grotes te noem. Frances McDormand versamel ook pryse vir haar vertolking van Fern, ’n weduwee van in die 60 wat in haar paneelwa Amerika deurkruis op soek na loswerk. Dit is ná die Amerikaanse resessie. Sy werk oral waar daar werk is – van die verpakkingslyn by Amazon tot in die kombuis van ’n kitskosrestaurant en as opsigter van ’n kampeerplek. Sy woon in haar wa; dit is haar huis. Onderweg ontmoet sy nomades soos sy en smee sy vriendskappe. Die

Die perspektief van die man wat die FBI gehelp het met die sluipmoord op Ken Hampton (Daniel Kaluuya), voorsitter van The Black Panther Party in Illinois, is die invalshoek van die prent 'Judas and the Black Messiah'.

ouderdomsbeperking is 13 vir dwelms, taal en naaktheid.

•Fred Hampton, voorsitter van The Black Panther Party in Illinois, Amerika, was 21 toe die FBI hom in sy slaap doodgeskiet het. Die gebeure rondom die sluipmoord is vervat in Judas and the Black Messiah. Hampton, sowel as die Black Panthers is deur die FBI as ’n bedreiging vir nasionale veiligheid bestempel. Dit was die jaar 1969 en die revolusionêre groep, wat geveg het om burgerregte oor klas- en rasgrense, moes met mag gestuit word. Die prent, wat ook steun op argivale beeldmateriaal van die ware Panthers, wys die opkoms van Hampton (Daniel Kaluuya) en later hoe die 17-jarige William O’Neal (Lakeith Stanfield), die Judas van die titel, deur die FBI genader word. Hulle dreig hom óf hy gaan tronk toe vir motordiefstal óf hy help die FBI om Hampton vir altyd “reg te sien”. Die prent word uit die perspektief van William vertel. Die regisseur is Shaka King. Die ouderdomsbeperking is 16 vir taal, geweld en vooroordeel.

•Die sielkundige riller Every Breath You Take handel oor Philip (Casey Affleck), ’n psigiater wat ’n pasiënt aan selfdood afstaan. Dit volg kort nadat hy ’n nuwe tipe depressiebehandeling bekend gestel het. Sy lewe ontaard in ’n nagmerrie toe die pasiënt se broer James (Sam Claflin) skielik na sy woonbuurt trek en vriende maak met sy vrou en dogter. Op die oog af dalk als toevallig, of juis nie? Voorts moet hy ook sy eie gemoedskommelinge probeer hanteer ná die dood van ’n pasiënt, wat lank in sy sorg was en goeie vordering getoon het. Die prent is deur The New York Times as louwarm en onsamehangend getipeer. Die ouderdomsperk is 16 vir taal, geweld en seks.

•Die wetenskapsfiksieprent Voyagers handel oor ’n groep jong mense wat op ’n verkenningsvlug na die buitenste ruimte gestuur word. Die mensdom het die aarde sodanig verwoes dat dit onherbergsaam geword het. Onderweg vind die klompie uit dat die owerhede nie oop kaarte gespeel het oor die ware redes vir hul soektog na ’n ander planeet nie. Daar breek gou chaos en ’n geveg om oorlewing uit op die tuig. Die ouderdomsbeperking is 13 vir dwelms, seks en geweld.

Meer oor:  Oscars  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.