Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Vampier’ dalk binnekort Batman

Robert Pattinson, hartedief en vampier van die Twilight-reeks, kan heel moontlik die nuwe Batman word nadat Ben Affleck besluit het om die donker mantel neer te lê.

Robert Pattinson se naam word glo in die binnekringe genoem. Foto: Getty Images

Variety het die nuus eksklusief Vrydagoggend Suid-Afrikaanse tyd bekend gemaak en sê bronne het hulle ingelig dat Pattinson besig is om te onderhandel om die rol van Batman te vertolk.

Die nuwe Batman-fliek sal eers 25 Junie 2021 op die silwerdoek wees, maar Warner Bros wil glo reeds in die Amerikaanse somer daaraan begin werk.

Deadline berig egter dat Pattinson nie die enigste een is wat onderhandel om die Batman-rol los te slaan nie.

Nicholas Hoult, bekend om sy rol as Hank McCoy/Beast in die X-Men-flieks, is glo ook besig om met Matt Reeves, die regisseur van die jongste Batman-fliek, te onderhandel.

The Hollywood Reporterhet Vrydagoggend ook hokaai geroep en aangekondig dat Armie Hammer van The Lone Ranger en Aaron Taylor-Johnson, oftewel Pietro Maximoff/Quicksilver van The Avengers-faam, se name ook op die vlermuismanlysie is.

USA Today sê Warner Bros het nie op kommentaar gereageer nie.

Nicholas Hoult onderhandel glo ook om die Batman-mantel te dra. Foto: Getty Images
En moenie van Aaron Taylor-Johnson vergeet nie! Foto: Getty Images

Meer oor:  Robert Pattinson  |  Vermaak  |  Flieks  |  Batman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.