Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Van Woody Allen tot zombies op fliekspyskaart
Die spelers in ‘Zombieland Double Tap’ is van links Abigail Breslin, Woody Harrelson, Emma Stone en Jesse Eisenberg.

Fliekvlooie kan na die volgende rolprente uitsien die komende naweek.

*Woody Allen se jongste prent, A Rainy Day in New York, handel oor ’n verliefde universiteitspaartjie – Gatsby en Ashleigh – wat ’n naweek in New York deurbring.

Ashleigh moet ’n onderhoud met ’n bekende rolprentmaker vir die universiteit se koerant voer. Als loop skeef dié dag en Gatsby vind homself en sy ware doelwit in die lewe. Timothée Chalamet en Elle Fanning vertolk die hoofrolle. Die resensies was nie gunstig nie. Variety meen die prent getuig van Allen se “kreatiewe uitputting’. Voorts word die jong hoofkarakter se gedrag as uit voeling met sy tydvak beskryf.

* ’n Dekade ná die kultusrolprent Zombieland open Zombieland Double Tap op die silwerskerm gepas op die vooraand van Allerheiligeaand.

Die rolverdeling sluit in Woody Harrelson, Jesse Eisenberg, Abigail Breslin en Emma Stone. Dié saamgelapte gesinnetjie is op hul eie pad van verwoesting. Daar is egter veel meer uitdagings as met die vorige prent.

Timothée Chalamet en Elle Fanning in ’n toneel uit ‘A Rainy Day in New York’.

Kykers kan uitsien na daardie maltrap-waansin van die eerste prent – waar die vier mekaar afkam en aanhits – terwyl hulle zombies afmaai. Die regisseur is weer Ruben Fleischer. Die prent is 99 minute lank, die ouderdomsperk is 18 vir dwelms, gruwel, geweld en taal. Resensente reken dit is ’n gawe opvolg op die eerste prent. Michael O’Sullivan van The Washington Post meen dit bevredig enduit, terwyl die resensent Peter Travers sê dit is soos ’n uitnodiging na ’n impromptu-partytjie wat almal geniet.

*Die kanniedood-aksieheld Sylvester Stallone is te sien in die aksieprent The Extractors as die veiligheidsdeskundige Ray Breslin. Nadat hy die ontvoerde dogter van ’n Hongkongse sakeman veilig tuis besorg het, word sy eie vriendin ontvoer. Benewens Stallone is Dave Bautista en 50 Cent te sien. Die ouderdomsperk is 16 vir geweld en taal. Die prent het oorwegend swak resensies ontvang.

*Die Suid-Afrikaanse komiese rolprent Blessers

is klugtig en handel oor misverstande en liefdesdriehoeke binne een gesin. Verwarring rondom identiteit is ook deel van die pret. Die regisseur is Rea Rangaka en Kenneth Nkosi vertolk die hoofrol.

Meer oor:  Woody Allen  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.