Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Virus: Verfilming nou ook eers ‘Mission Impossible’

Die waaghalsige karakters in die Mission Impossible fliekreeks, met die aksieheld Tom Cruise in die hoofrol, sien vir baie kans, maar nie vir Covid-19-koronavirus nie.

Paramount Pictures het Maandag aangekondig hy gaan nie nou met die produksie van die jongste Mission Impossible-fliek in Venesië begin nie, nadat Covid-19 sedert die naweek vinnig in die noorde van die land versprei het.

Dié fliek se produksiespan sou vir drie weke in die stad aan die fliek skiet, maar het dit vir eers uitgestel. Die span moes Maandag met tonele in Venesië begin, waar tot dié stad se jaarlikse karnaval gekanselleer is nadat die getal gevalle van Covid-19 van drie Vrydag tot 220 Maandag opgeskiet het.

Paramount Pictures sê in ’n verklaring die veiligheid van hul akteurs en produksielede is prioriteit, terwyl hulle ook Venesië se regering respekteer wat gevra het dat openbare byeenkomste weens Covid-19 gestaak word.

Van die Mission Impossible-spanlede is reeds in Italië, maar sal terugkeer, terwyl Paramount Pictures die situasie in Italië verder monitor. Die ateljee het nie gesê wanneer die vervaardiging hervat sal word nie.

Die sewende fliek word na verwagting in Julie 2021 op die silwerdoek vrygestel.

Die Mission Impossible-flieks, waar Tom Cruise die rol van Ethan Hunt vertolk, is een van die grootste fliekreekse in Hollywood, met die 2018-fliek wat meer as $791 miljoen wêreldwyd by die loket verdien het. Reuters


Meer oor:  Mission Impossible  |  Italië  |  Venesië  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.