Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Voorskou: Aksie en animasie op die fliekspyskaart

Hoewel rolprentteaters landwyd weens die vlak 3-inperking daagliks vroeër moet sluit, is hulle steeds nie geheel en al toe nie. Fliekgangers kan daarom vandeesweek na twee nuwe rolprente op die kringloop uitsien.

• Hollywood sit sy voorliefde vir opvolgprente voort met Hitman’s Wife’s Bodyguard, die opvolg tot die 2017-rolprent The Hitman’s Bodyguard.

Ryan Reynolds keer terug as die lyfwag Michael Bryce, wat dié keer die huurmoordenaar Darius (Samuel L. Jackson) se vrou, Sonia (Salma Hayek), moet bystaan nadat Darius deur rampokkers ontvoer is.

Meer kan ’n mens nie eintlik oor die rolprent sê nie omdat . . . daar nie eintlik veel meer te sê is nie. Kritici het die opvolgprent fel gekritiseer en dit 30% op die graderingswebwerf Rotten Tomatoes gegee.

“Dit is moeilik om aan ’n verveliger rolprent as Hitman’s Wife’s Bodyguard te dink. O wag, die eerste rolprent,” lui ’n opskrif in The Washington Post.

Gehore het die opvolgprent teen Jeugdag darem ’n punt van 87% gegee.

Die fliek duur 117 minute, dit het ’n ouderdomsbeperking van 16 (dwelms, geweld, seks, taal), en dit word in 2D uitgereik.

• Pixar en Disney gaan met die animasierolprent Luca weer probeer om hul spiere as die wêreld se voorste skeppers van animasierolprente te bult.

Die rolprent vertel die verhaal van Luca, ’n seemonstertjie wat die vermoë het om soos ’n mens te lyk sodra hy die see verlaat en op land loop. Sy lewe verander wanneer hy en sy beste vriend, Alberto, die Italiaanse dorpie Portorosso verken – en hulle daar in allerhande kaskenades betrokke raak.

Die 14-jarige Jacob Tremblay, wat as agtjarige bekend geword het vir sy ongelooflike spel in die 2015-drama Room, verskaf Luca se stem. Ander akteurs in die rolverdeling sluit in Jack Dylan Grazer, Maya Rudolph en Sacha Baron Cohen.

Die rolprent is weens die pandemie nog nie in Amerika uitgereik nie; kritici kon dit dus nog nie kyk en resenseer nie.

Die rolprent duur 95 minute, ouerleiding word aanbeveel (weens geweld), en dit word in 2D en 3D uitgereik.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met ’n bykomende bron: imdb.com.

Fast & Furious 9, enigiemand?

Fast & Furious 9, wat in April verlede jaar uitgereik moes word, maar weens die pandemie uitgestel is, word eers op 25 Junie in Suid-Afrika uitgereik.

Aanhangers van die rolprentreeks sal egter bly wees om te hoor dat Nu Metro én Ster-Kinekor op 19 Junie landwyd voorvertonings van die rolprent aanbied.

Fliekgangers wat nie ’n kaartjie vir een van dié voorvertonings in die hande kan kry nie, kan nou reeds hul kaartjies vir die vertonings vanaf 25 Junie bespreek.


Meer oor:  Jeugdag  |  Room  |  Pixar  |  Jacob Tremblay  |  Disney  |  F9  |  Sacha Baron Cohen  |  Fast & Furious 9  |  Salma Hayek  |  Samuel L. Jackson  |  Ryan Reynolds  |  Ster-Kinekor  |  Nu Metro  |  Fliek  |  The Hitman's Bodyguard  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.