Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Vroueregisseurs in dokkie van 14 uur onthou

Die ideale fliek in die staat van inperking is ’n dokumentêr van 14 uur oor vroueregisseurs.

Dit deel nie slae uit omdat dié vroue lank misken is nie, dit gaan oor die beste rolprentvervaardigers vanaf die 1900’s, almal vroue.

Daarby wys die Britse Rolprentinstituut 36 uit die honderde rolprente wat in die dokumentêr genoem word.

Women Make Film – A New Road Movie Through Cinema sal volgens The Guardian van 18 Mei oor vyf weke in verteerbare episodes beskikbaar gestel word.

Dié ensiklopediese werk is vervaardig deur die Noord-Ierse rolprenthistorikus en dokumentêre vervaardiger Mark Cousins, wat ook die 15 uur lange TV-reeks The Story of Film: An Odyssey in 2011 uitgereik het.

Tilda Swinton, Thandie Newton en verskeie ander bekende aktrises neem die kyker op ’n insiggewende en vrolike reis deur 40 episodes met verskillende genres, temas en aspekte soos wetenskapfiksie, liefde, dood, innerlikheid, musiekspele, redigering en openingstonele.

Ses vastelande, 13 dekades en 183 regisseurs kom aan die bod, van Alice Guy-Blaché met haar vroeë stilrolprente en die Russiese regisseur Kira Muratova tot Kathryn Bigelow in die VSA en Wang Ping wat onder China se onderdrukker Mao Zedong gewerk het.

Vroue wat diep ingegrawe is in die werk van vroueregisseurs is verstom oor Cousins se vonds uit die argiewe. Een wat uitstaan, is Germany Pale Mother (1980) van Helma Sanders-Brahms wat beskryf word as “ ’n merkwaardige oorlogsfliek.”

Meer oor:  Dokumentêr  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.