Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Weeskind leer by stroper in Franse fliek op UV-kampus
Totoche, gespeel deur François Cluzet, leer die jong Paul (Jean Scandel) meer van wild, die woud en die lewe in die fliek L’école buissionnière.

Die fliektitel L’école buissionnière (School of Life), wat dui op die lewenslesse wat ’n weeskind by ’n stroper leer, laat onmiddellik die wenkbroue lig, maar die uitroei van wild is allesbehalwe waaroor dié prent gaan.

L’école buissionnière, die afdeling Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se volgende rolprentvertoning, speel af op ’n pragtige Franse landgoed in die 1920’s.

Die verhaal begin egter in ’n weeshuis aan die buitewyke van Parys waarheen Célestine ontbied is. Hoewel sy nie familie van die jong Paul is nie, word sy versoek om hom in haar sorg te neem aangesien die weeshuis gaan sluit. Waarom sy die taak opgelê word, weet die kyker in daardie stadium nie.

Célestine en haar man is in diens van die graaf op wie se landgoed hulle woon. Borel, ’n wildbewaarder, doen sy bes om die stroper Totoche op heterdaad te betrap.

Paul ontglip Borel se bruuskheid deur sy dae in die woud deur te bring waar hy en Totoche goeie vriende word en hy Paul meer van die lewe leer.

Wat Borel nie weet nie, is dat die landgoed se personeel, Célestine ingesluit, Totoche beskerm. Die interaksies hierna, asook Paul se groter toegeneentheid teenoor Célestine, lei tot ’n onverwagse einde.

Die hoofakteurs is François Cluzet (Totoche), Jean Scandel (Paul), Eric Elmosnino (Borel) en Valérie Karsenti (Célestine). Nicolas Vanier is die regisseur.

Net twee Franse flieks word hierna ook vertoon: Ce qui nous lie (Back to Burgundy), waarin veral wynliefhebbers sal belang stel (16 Oktober), en die klassieke literêre werk Les vacances du petit Nicholas (Nicholas on holiday) op 13 November.

*

L’école buissionnière: 11 September om 19:00 in die Equitas-ouditorium op die UV-kampus. Die vertoning word voorafgegaan deur ’n kort bespreking van die fliek. Toegang is gratis.

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.