Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Yesterday’ vertoon op Wêreld-vigsdag
Yesterday (Leleti Khumalo) en haar dogter Beauty (Lihle Mvelase) kyk of haar klere reg is vir haar eerste skooldag in ’n toneel uit Yesterday.

Ter huldiging van Wêreldvigsdag vandag, word die Suid-Afrikaanse rolprent Yesterday om 20:30 vanaand op SABC3 vertoon.

Dit was in 2005 vir ’n Oscar-toekenning benoem in die kategorie beste buitelandse rolprent. Die prent is in Zoeloe en het Engelse onderskrifte.

Dit speel in ’n Suid-Afrika tien jaar ná demokrasie af.

Yesterday, gespeel deur Le-leti Khumalo, woon in die afgeleë dorpie Rooihoek in KwaZulu-Natal.

Haar lewe is glad nie maklik nie, daar is min geld of moderne geriewe soos ’n kliniek naby of lopende water, haar man werk in Johannesburg by ’n myn en stuur net elke paar maande geld.

Sy het baie vreugde in die grootmaak van haar sewejarige dogtertjie, Beauty (Lihle Mvelase) wat amper skool toe gaan. Wanneer vigs by Yes-terday gediagnoseer word, verander haar lewe handomkeer. Sy moet ver reis om te verstaan hoekom sy die siekte het en hoe sy daarvoor behandel moet word.

Sy het een droom en dit is om by Beauty te wees op haar eerste skooldag saam met al die ander trotse ma’s – sy het self nooit skoolgegaan nie, omdat daar nie geld was nie.

Yesterday word as ’n onsentimentele prent beskryf en is een van die eerste uit Suid-Afrika wat oor MIV/vigs handel. Die prent is destyds in die aanloop tot Oscar-aand deur die vervaardiger Anant Singh beskryf as soortgelyk aan klassieke rolprente soos The BicycleThief van Italië se Vittorio De Sica, deurdat dit ’n sonderlinge verhaal op ’n eenvoudige manier vertel en daar nie een onnodige skoot in die prent is nie. Dit is in die landelike KwaZulu-Natal verfilm.

Darrell Roodt, die skrywer en regisseur, is bekend om rolprente soos Cry, The Beloved Country en Sarafina!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.