Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Fotograaf wys transgender-reeks
Die fotograaf Robert Hamblin stal op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ’n reeks foto’s van transgender-mense van Woodstock, Kaapstad, uit. Met die eerste oogopslag tref die fotoreeks “. . . When you are feeling like

Die komposisie van die figure op die groter wit vlak tref die oog en is gewoon ’n plesier en visueel bevredigend om na te kyk. Dan lees jy die byskrifte, kyk die video en luister na die klankgreep en kry jy ’n glimp van die transgender-mense se lewe, jy word geraak en identifiseer met hul hunkeringe en drome. Hamblin vertel dat die meerderheid van die gefotografeerdes op straat woon sedert hul puberteitsjare en hoe hul ervaring van hul geslag ’n uitdaging vir hul gesinne was.

Vir hul uitbeeldings het hulle Hamblin versoek om aan te toon hoe “bewus hulle is van hul manlike lywe én hul vroulike identiteit”. Die bostaande werk is ’n portret getiteld Leigh. Die uitstalling in die Prince Vincent-gebou het ’n ouderdomsperk van 18 jaar.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.