Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Hadidas ’n konstante krag in uitstalling

Die kunstenaar Helena Fourie se nuutste uitstalling Tel Hadidas kan tot 26 November in die Tina Skukan-galery in Pretoria besigtig word.

Die hadida staan sentraal en is as onderwerp gekies vanweë sy luidrugtige dagbreek- en aand­skemerroep wat van die kenmerkendste klanke van Pretoria is. Die beskermingstatus van die hadida word geëvalueer as dié met die minste bedreiging op die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se rooilys van bedreigde spesies.

“Weens dié status is dit miskien teenproduktief om hadi­da-­getalle te bepaal,” sê Fourie, “maar met sy luide stem het die hadida hom bewustelik in my herinneringe gevestig. Nie verlore of gevind nie, maar getransformeer as ’n konstante krag.”

Die gewaarwording van wins en verlies vind neerslag in haar werk.

Fourie het in 1987 ’n BA-graad in beeldende kuns aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Kunstenaars soos Gunter van der Reiss, John Clarke en Judith Mason was onder andere haar mentors.

Haar werk word geïnspireer deur haar geesdrif vir die natuur. Sy verf dikwels tonele uit die natuur.

Van 2000 tot 2002 het sy ook as vrywilliger by die Klipkop-natuurreservaat gewerk om haar kennis van haar kunsonderwerp te verbreed. Dié reservaat dien as rehabilitasie­sentrum vir beseerde diere en voëls.

Die galery is geleë op Plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen, Pretoria.

Galery-ure: Dinsdae tot Saterdag van 09:30 tot 17:00.

Skakel 012 991 1733 of 083 653 6928 of besoek www.tinaskukangallery.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.