Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Kom leer skryf saam met Harry Kalmer
Harry Kalmer

Harry Kalmer, bekroonde skrywer, dramaturg en finalis in twee kategorieë van die 2015 kykNET-Rapport Boekpryse, bied sy gewilde twee dae lange skryfkursus op 7 en 14 November in Johannesburg aan.

“Wanneer dit by storievertel kom,” sê Kalmer, “is daar reëls, gereedskap en vaardighede wat almal kan aanleer en gebruik.”

“Oor twee dae gaan jy hierdie dinge ontdek en verken. Dis ’n praktiese slypskool en jy sal wegstap met ’n nuwe stel ‘gereedskap’ wat jou sal help om jou storie beter te vertel.”

Die werksessie sluit in gesprekke oor waar stories vandaan kom en die vrees vir skryf en publikasie en selfs sukses.

“Ons sal praat oor beginne en eindes, die belangrikheid van verbeelding en persoonlike ervaring. Of jy nou ’n beginner of ’n ervare skrywer is, die twee dae is ontwerp om te inspireer en te motiveer.”

. Die kursus vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas. ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.

Stuur e-pos aan Kalmer by harry@kalmer.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.