Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
31 kunstenaars se werk in Oliewenhuis te sien
Apprentice (akriel op doek, 76 x 61 cm) deur Neil Louw.

Nuwe kunswerke deur 31 onbekende maar talentvolle kunstenaars wie se werk uit 229 inskrywings gekies is, neem vanaf vandeesweek deel aan ’n groepuitstalling deur ArtBankSA.

Becoming: What is & What is Not kan in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein besigtig word.

Volgens Sheryl Msomi, die projekbestuurder van ArtBankSA, fokus hulle op “kontemporêre kuns deur opkomende kunstenaars, en hoewel enige medium voorgelê kan word, het verlede jaar se oes net skilderye, fotografie en tekeninge opgelewer”.

Msomi sê die verskil tussen kunsmuseums se versamelings en dié van die ArtBankSA is dat die werke gekoop of gehuur kan word.

“Private mense, korporatiewe instansies, regeringsdepartemente, enigeen is welkom om die kunswerke op die webwerf artbanksa.org te bekyk en deur die aanlyn winkel te bestel. Vir ’n fraksie van die koste van ’n kunswerk kan jy ook elke jaar ’n nuwe skildery in jou werkplek of huis hê as jy dit huur,” sê sy.

Die kunswerke in die ArtBankSA-projek word in die Oliewenhuis-kunsmuseum geberg, wat soos dié instansie onder die departement kuns en kultuur val.

Msomi sê die doel met die projek is om kontemporêre Suid-Afrikaanse visuele kuns te versamel; om finansiële volhoubaarheid vir die kunstenaars te bevorder deur die verhuring van die kunswerke; om die afsetmark vir hul werk uit te brei en geleenthede vir die ontwikkeling van vaardighede te bied; en om die waardering van kontemporêre kuns onder Suid-Afrikaners te bevorder.

Onder die 31 kunstenaars wie se werk in Oliewenhuis uitgestal word, is Stephen Allwright, Natasja de Wet, Gary Frier, Victor Geduldt, Themba Khumalo, Vivien Kohler, Neil Louw, Palesa Motsomi, Thandiwe Msebenzi, Daniel Tladi, Jan Tshikuthula, Kali van der Merwe, Anna van der Ploeg en Lindo Zwane.

ArtBankSA se eerste katalogus word op die opening van die uitstalling bekend gestel.

  • Becoming: What is & What is Notword op 20 Februarie om 19:00 in Oliewenhuis geopen en duur tot 3 Mei. ’n Rondleiding kan op 21 Februarie om 10:00 bygewoon word. Al die geleenthede is gratis en enigeen is welkom. Dit is nie nodig om te bespreek nie.
Meer oor:  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.