Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
‘Bliksem!’ se uitstalling wys werk van plaaslike strokieskunstenaars

Die bekendstelling van ComicArtAfrica, die nuwe bylae by die tydskrif Art South Africa, word Saterdag gehou saam met ’n uitstalling genaamd Bliksem!

Oorspronklike kunswerke en afdrukke van plaaslike strokies-kunstenaars sal te sien wees en strokies sal ook te koop wees. Van die kunstenaars wie se werk in die eerste uitgawe opgeneem is, sal op die uitstalling te sien en te koop wees. Hulle is onder meer Susan Opperman, TREKNET, Ben Winfield, Danelle Malan, Ben Geldenhuys, Daniël Hugo en Gerhard Human.

Dit word van 12:00 tot 15:00 gehou in Change Room, Pals-parkade, Cecilweg in Soutrivier. Die bekende strokieskunstenaar Moray Rhoda open die geleentheid. Hy is ook die koördineerder van die Open Book Comics Fest.

Die uitstalling duur tot 24 Januarie. Die galery is daagliks oop vanaf 10:00 tot 16:00, maar is gesluit tussen 24 Desember en 5 Januarie.

Die kunstenaar Daniël Hugo se werk getitel Imaan September. Foto: ComicArtAfrica
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.