Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunstenaar stal werke uit oor lewe, dood van hond
Sarah Pratt se The Journey.
Sarah Pratt se Dog Days 2, gouache en ink op bamboespapier.

Die visuele kunstenaar Sarah Pratt van Observatory wys vandeesmaand werke in ’n solo-uitstalling in Kaapstad.

Die tentoonstelling heet Dog Days: Vanishing into the Green Light.

Sy het daarvoor inspirasie geput uit die lewe en dood van haar hond, Laptop.

Die proses van herinne­ringe begrond ’n mens in ’n ander tyd en plek, ’n tydlose en ontasbare gebied, volgens Pratt.

Haar werk verwys ook na ’n verbeelde groen tussenruimte waar sy haar voorstel haar dooie hond nou is, asook die “Wood between the Worlds” in C.S. Lewis se boek The Magician’s Nephew.

Vir die reeks werke het sy pen, ink, gouache, bladgoud en papierkniptegnieke in­gespan waardeur sy lewe en dood, herinneringe en plek verken, luidens ’n pers­ver­klaring.

Pratt is in 1972 in Zimbabwe gebore en het ’n meestersgraad in die beeldende ­kunste.

Sy spits haar toe op onder meer koperetse, linosneë en monodrukke. Sy het tien jaar lank in die drukkunsafdeling van die ­Michaelis-kunsskool van die Universiteit van Kaapstad ­gewerk en wy tans die meeste tyd aan haar eie werk. Die uitstalling is van 21 ­Januarie tot 14 Februarie in Salon91 te sien. Die uitstalling word op 21 Januarie om 18:30 ­geopen. Die lokaal is ­geleë te Kloofstraat 91, Tuine, Kaapstad.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.