Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Aanlyn veiling van Welz sluit werke van Dali in

’n Verskeidenheid kunswerke van verskillende tydperke, style en benaderings deur onder andere Salvador Dali, Norman Catherine, William Kentridge en Lionel Smit kom van 8 tot 10 Junie onder die hamer.

‘The Sanctuary’ deur Keith Alexander is vir R170 000 tot R200 000 gewaardeer. Foto: Verskaf deur Stephan Welz
Salvador Dali se ‘Giants’ kan moontlik vir R7 000 tot R10 000 opgeraap word. Foto: Verskaf deur Stephan Welz

Die kontemporêre aanbod is kleurvol, speels en omsluit die mees ikoniese aspekte van Catherine, Kentridge en Smit se oeuvre. Die veiling word aanlyn deur Stephan Welz & Co aangebied.

Twee werke van Kentridge toon sy vermoë om kragtige beelde sensitief te hanteer, soos Tree, ’n ets wat al die eienskappe van waterverf met sterk lyne toon.

Poggio al Topo + Liviol House May (1993) is in die kunstenaar se mees ikoniese medium, naamlik houtskool, uitgevoer.

Die surrealistiese beweging in visuele kuns word verteenwoordig deur dromerige beelde en simboliese figure van Dali. Drie werke op die veiling kom uit sy Inferno-, Purgatory- en Paradise-portefeuljes, wat deel is van Dali se Divine Comedy-reeks.

Van Keith Alexander, Suid-Afrika se voorste surrealistiese kunstenaar, word The Sanctuary opgeveil. Dit verbeeld oënskynlik ’n realistiese landskap, maar is in werklikheid ’n kombinasie van strukture met ’n vreemde eksotiese aanslag wat net in die verbeelding moontlik is.

Om meer werke van opkomende kontemporêre, naoorlogse, moderne en kontinentale kunstenaars te sien, besoek www.swelco.co.za.

Navrae kan gestuur word na ct@swelco.co.za of bel 021 794 6461.

Meer oor:  Stephan Welz & Co  |  Kuns  |  Visuele Kuns  |  William Kentridge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.