Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Akademie ken dié pryse toe
Prof. Wannie Carstens

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het Vrydag die ontvangers van sy jaarlikse toekennings aangekondig.

Weens die heersende pandemie, sal die amptelike kronings eers later vanjaar op twee aanlyn geleenthede geskied. Naas die pryse vir die kunste en lettere, het die akademie ook die volgende toekennings op wetenskapsveld gemaak:

  • MT Steynprys vir natuurwetenskaplike en tegnologiese prestasie: dr. Francois Malan van Pretoria.
  • Havengaprys vir lewenswetenskappe: prof. Marion Meyer van die Universiteit van Pretoria (UP) vir sy navorsing in farmakologie en toksikologie.
  • Havengaprys vir gesondheidswetenskappe: prof. Oppel Greeff.
  • Stalsprys vir multi- en interdissiplinêre spanwerk: prof. Juanita Bornman van die UP vir haar werk in aanvullende en alternatiewe kommunikasie.
  • CJ Langenhovenprys vir taalwetenskap: prof. Wannie Carstens, emeritusprofessor by die skool vir tale by Noordwes-Universiteit.
  • Toon van den Heeverprys vir regswetenskap: prof. Johan Scott van die UP.
  • Hugenote-vereniging en DF du Toit-Malherbeprys vir genealogiese navorsing: Die prys word postuum toegeken vir die genealogiepublikasie Barkhuizen familieregister deur wyle Johan Barkhuizen.
  • Erepenning vir wetenskaplike vakbevordering: prof. Carolina Koornhof van die UP.
  • Besondere erepenning van die SA Akademie: Rina Loader, woonagtig in Wene, Oostenryk, vir haar inspanning oor 23 jaar om Afrikaans in Europa bekend te stel en te bevorder.
  • Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (plantkundige wetenskappe): Ruan van der Nest vir sy verhandeling “Liming strategies for barley and canola production in no-tillage systems”. Die prys word gedeel met Wilku Meyer van die UP vir sy verhandeling, “Phenotypic and genotypic variation of Puccinia helianthi in South Africa”.
  • Protea Boekhuisprys vir die beste kultuurgeskiedenis-proefskrif in Afrikaans: Gedeel deur dr. Vicky Heunis vir “Anglo-Boereoorlogboerekrygsgevangenekuns, 1899-1902” en dr. Johan van Zyl vir “Bethulie 1896-1907 met spesifieke verwysing na die Anglo-Boereoorlog”.
  • Douw Greeff-prys vir beste artikel in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie: N.J.M. Grobler, G.J. Puts en P.L. Crouse van die UP en H. Bissett van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie vir hul artikel “Die effek van die skermgassamestelling in ’n induktiefgekoppelde plasma: ’n Eindige-elementanalise”.
  • Jacques van der Elst-prys vir beste artikel in Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe: prof. Bert Olivier van die UV vir sy artikel, “Reaksionêre nihilisme in die huidige era”.

Daarbenewens het Johan Rademan, bekende Afrikaanse omroeper, ’n erepenning vir radiohoorbeelde in Afrikaans ontvang vir sy hoorbeeld Breyten Breytenbach – ’n ander skakering.

Prof. Carolina Koornhof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.