Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
ArtbankSA soek weer SA kuns vir sy katalogus

Die nasionale kunsbank, beter bekend as ArtbankSA, kon nie op ’n beter tyd aangekondig het dat hy weer sy hande op opkomende en gevestigde Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars se werk wil kry nie.

Nadat galerye en museums gedwing is om weens die vlak 4-inperking tot minstens 11 Julie te sluit, is visuele kunstenaars in die land tydelik ’n kans ontneem om hul kuns vanuit dié instellings te verkoop.

Die bestuur van ArtbankSA, een van die departement van sport, kuns en kultuur se nasionale programme, sê gelukkig in ’n mediaverklaring hulle is alte gretig om hul katalogus weer met Suid-Afrikaanse kuns aan te vul; hulle nooi kunstenaars daarom om voor 3 September om 12:00 hul werk aan die kunsbank voor te lê.

Dié uitnodiging word jaarliks aan Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars gerig sodat die kunsbank sy eie katalogus kan aanvul en dié kuns aan regeringsdepartemente, private ondernemings en openbare instellings kan verhuur wat hul interieur met trots Suid-Afrikaanse kontemporêre kuns wil versier.

ArtbankSA is in die Nasionale Museum in Bloemfontein gesetel.

Die kunsbank is meer spesifiek op soek na enige kunswerk in enige medium deur ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaar, veral opkomende kunstenaars. Die kunswerke moet maklik wees om te verpak en te vervoer, en dit hoef nie geraam te wees nie. Slegs oorspronklike werk word aanvaar – geen kopieë of reproduksies nie.

Belangstellendes moet ’n aansoekvorm hier aflaai en dit volledig invul en indien. Kunstenaars kan foto’s van vyf werke, ook driedimensionele werke, vir oorweging voorlê, solank dit verlede jaar of vanjaar geskep is. Die prys van elke kunswerk (BTW ingesluit) moet ook aangedui word. E-pos volledige aansoeke na info@artbanksa.org.

’n Paneel van nege lede sal die aansoeke oorweeg en dan beslis watter kuns hulle wil koop. Slegs suksesvolle aansoekers sal gekontak word.

Besoek www.artbanksa.org vir meer inligting. Navrae kan ook per e-pos na artbank2@nasmus.co.za gestuur word. – Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Vlak 4  |  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.