Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Bacon-triptiek vir R1,4 m. verkoop
‘Triptych Inspired by the Oresteia of Aeschylus’ van Francis Bacon. Foto: CNN Online

’n Triptiek deur die Britse kunstenaar Francis Bacon is vir $84,6 miljoen in Sotheby se eerste virtuele veiling verkoop.

Die veiling is uit Londen gestroom en telefoon- en webaanbiedinge, wat die verwagte prys van tussen $60 en$80 miljoen oortref het, is uit New York en China ontvang.

Die twee bieërs het tien minute lank die prys vir Triptych Inspired by the Oresteia of Aeschylus opgejaag totdat die bod op ’n ongeïdentifiseerde bieër uit New York toegeslaan is.

Sotheby is ook in sy skik met die verkope van nog twee kunswerke, Roy Lichtenstein se White Brushstroke I vir $25,4 miljoen en Jean-Michel Basquiat se Untitled (Head), wat $15,2 miljoen behaal het.

Dat 93% van die kunswerke op die veiling van die hand gesit is, is volgens Sotheby bemoedigend vir die komende maande. In die geheel gesien, plaas die inperkingsmaatreëls weens die Covid-19-pandemie kunsverkope egter steeds onder groot druk.

Sotheby was genoodsaak om van sy werknemers tydelik uit diens te stel, terwyl die verkope van die heel duurste kunswerke nie aanlyn belangstelling kry nie. Voornemende kopers wil die werke fisiek sien, lui ’n berig op CNN se webwerf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.