Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Basa-toelae van tot R100 000 weer beskikbaar

Die organisasie Business and Arts South Africa (Basa) het weer aansoeke vir sy jaarlikse hulptoelae oopgestel.

Die organisasie Business and Arts South Africa bied weer ’n reddingsboei in die vorm van ’n hulptoelae aan kunstenaars.

Basa bied dié toelae met die steun van die nasionale departement van sport, kuns en kultuur aan organisasies in die kunstesektor wat finansiering vir ’n kunsteprojek benodig.

Die hulptoelae, wat afhangende van die projek ’n finansiële inspuiting van tot R100 000 insluit, is spesifiek gemik op organisasies wie se kunsteprojekte reeds gedeeltelik deur die sakesektor gesteun is. Een van Basa se doelwitte is juis om samewerking tussen die kreatiewe en sakesektor te bewerkstellig.

“Basa het reeds R41 miljoen aan meer as 1 680 projekte uitgedeel, wat op hul beurt meer as R537 miljoen se steun vanuit die sakesektor gekry het,” sê Ashraf Johaardien, hoof van Basa, in ’n mediaverklaring.

“Dit beteken dat R1 miljoen se hulptoelaesteun tot sowat R13 miljoen se korporatiewe steun gelei het.”

Belangstellendes wat vir ’n hulptoelae in aanmerking wil kom, moet hul belangstelling in ’n formele brief van een bladsy neerpen. Die brief moet melding van die naam van die kunsteprojek maak en daar moet ’n beskrywing daarvan wees, asook van die naam van die onderneming in die sakesektor wat dit reeds steun en wat presies hierdie steun behels, hetsy finansieel of op ’n ander wyse. Die vennoot uit die sakesektor moet die aansoek ook in ’n aparte brief steun. Dié briewe moet aan Sipho Mthiyane gerig word en moet per e-pos na sipho@basa.co.za gestuur word.

Die briewe sal deur Basa nagegaan word voordat geskikte kandidate genooi sal word om amptelik vir die hulptoelae aansoek te doen.

Aansoekers moet daarop let dat aansoeke aan alle bepalings en voorwaardes moet voldoen, onder meer dat hul kunsorganisasie én hul vennoot uit die sakesektor albei Basa-lede moet wees. Indien hulle nie lid is nie, kan hulle binne minute aansluit by basa.co.za/membership/.

Besoek basa.co.za/grants/supporting-grants/ vir meer inligting of rig navrae aan Mthiyane by die e-posadres wat hierbo genoem is.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Basa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.