Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Beeld van Napoleon se suster verloor eers kop, nou tone

Die Italiaanse meester Antonio Canova se gipsbeeld van Paolina Bonaparte, Napoleon se suster, is beskadig deur ’n museumbesoeker wat drie van haar tone afgebreek het.

Paolina Bonaparte Borghese as ‘Venus Victrix’ is in 1804 deur Antonio Canova geskep. Sy is ’n paar tone kwyt nadat ’n museumbesoeker vir ’n selfie styf teen haar gaan sit het. Foto: news.artnet.com

Die man wou die beste moontlike foto van hom by die beeld neem en het besluit om styf teen haar te gaan sit. Met die opstaan blyk dit toe dat drie tone van die oorspronklike gipsbeeld afgebreek het.

Die bekende marmerbeeld in die neoklassieke styl word in die Galleria Borghese in Rome gehou en die gipsweergawe in die Antonio Canova-museum in Possagno in die noorde van Italië.

Paoline Bonaparte Borghese was die veldheer Napoleon Bonaparte se suster, wat as Venus uitgebeeld is. Canova het die beeldhouwerk in 1804 geskep.

Volgens news.artnet.com het mense wat selfies neem by die beelde die laaste jare tot skade aan verskeie waardevolle kunswerke oor die wêreld heen gelei.

Nuwe voorgestelde wetgewing vir die beskadiging van kunswerke in Italië kan tronkstraf van agt jaar beteken plus ’n boete van 100 000.

In die geval van die Bonaparte-beeldhouwerk het die museumpersoneel die skade gou ontdek en die skuldige dadelik op die veiligheidskameras gesoek. Aangesien besoekers in die inperkingstyd moet inteken, kon hulle die persoon vinnig as ’n Oostenrykse burger identifiseer. Hy het die museum glo vinnig verlaat toe hy sy blaps agterkom en is nou opgespoor.

Vittorio Sgarbi, ’n Italiaanse politikus en kunsresensent, het die polisie op Facebook gevra om die skuldige in hegtenis te neem en nie toe te laat dat hy ongestraf na Oostenryk terugkeer nie.

Dieselfde gipsweergawe van Paolina Bonaparte is in die Eerste Wêreldoorlog ook beskadig toe haar kop in ’n bomaanval in 2017 afgebreek het en die kleed, hande en voete ook letsels opgedoen het. Die beeld is eers in 2004 herstel.

Volgens die museumdirekteur, Moira Mascotto, is die afgebreekte tone gevind en sal die beeld dadelik herstel word.

Die kunswerk is deel van die museum se versameling van oorspronklike gipsbeelde wat van Canova se voltooide marmerwerke gemaak is. Die kunstenaar se halfbroer, Giambattista Sartori, het die museum in 1829 gevestig.

  • Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne: news.artnet.com, newyorkdailynews.com en wikipedia.com
Meer oor:  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.