Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Beskilderde taxi Kaapstad se eerste mobiele kunsgalery

Kuns op wiele. Dit is wat die Kaapstadse kunstenaar Thania Petersen tot die projek bydra – ’n taxi wat met kunswerk beskilder is en binne met ’n skerm toegerus is om video’s en selfs toneelstukke en flieks te vertoon.

Kapenaars kan hul oë oophou vir die beskilderde taxi wat deel is van die weke lange projek (Un)Infecting the City. Dié taxi sal aanvanklik by die Zeitz-museum te sien wees voordat dit sy roete na Hanover Park hervat. Foto: Verskaf

Dié idee strook met die projek-etos om kuns en kultuur uit teaters, galerye en museums te haal en dit na gemeenskappe te neem. “Tye het verander; ons moet ook,” sê Petersen.

Om dit te vergestalt het sy ’n taxi opgespoor wat sy toegerus het met ’n klankstelsel, waar onder meer haar nuutste rolprent vertoon kan word en verbygangers ook kunswerke uit die prent op die bakwerk kan sien.

Die taxi sal aanvanklik buite die Zeitz-museum in die Kaapstadse Waterfront geparkeer staan voordat dit weer sy gereelde roete na Hanover Park sal bedien.

Volgens Petersen sal dié eerste “mobiele kunsgalery” in Kaapstad verskeie maande nog op straat te sien wees.

Petersen, tans ’n inwonende kunstenaar van die Zeitz Mocaa, het aan die Central Saint Martin’s College of Art in Londen studeer en is in die kunstewêreld bekend vir haar multimediawerke wat selfportrette, installasies en performance-kuns insluit.

Haar fokus is dikwels identiteitskwessies in die huidige Suid-Afrika, veral dié van die Kaaps-Maleise gemeenskap aangesien sy in ’n Moslemhuis grootgeword het.

Petersen se kuns is in openbare en private versamelings opgeneem, onder meer die Museum van Wêreldkulture in Rotterdam, die Smithsonian in Washington DC, die Oscar Niemeyer-museum in Curitiba in Brasilië, die Jeoju-stadsversameling in Suid-Korea en in Suid-Afrika se nasionale Iziko-kunsgalery in Kaapstad.

(Un)Infecting the City word aangebied deur die Universiteit van Kaapstad se Instituut vir Skeppende Kunste.

  • Vir meer inligting oor die talle programme wat die kunstefees aanbied, besoek http://infectingthecity.com. Van die kuns is ook digitaal te sien sodat “enigeen dit op enige plek kan kyk waar internet beskikbaar is”.
Meer oor:  V&A Waterfront  |  Kuns  |  Zeitz Mocaa  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.