Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Besoek Oliewenhuis met die klik van jou muis
Kunsliefhebbers kan nou die Oliewenhuis-kunsmuseum aanlyn besigtig, hier is werke uit die Top Up Inside Out-tentoonstelling te sien.

Die Oliewenhuis-kunsmuseum se virtuele uitstallings, nou al die vierde een, bied aansienlik meer as net ’n visuele besoek.

Deur die loop van die week word inligting, foto’s, video’s en selfs ’n terugblik na vorige werk van kunstenaars bygevoeg. Soos Ester le Roux, kurator van Oliewenhuis, sê: “Jy kan jou ’n week lank verdiep in ’n uitstalling en vandeesweek is dit Top Up Inside Out.”

Die 15 kunstenaars wat aan die uitstalling in 2018 in Oliewenhuis deelgeneem het, is jong lede van die kunstenaarskollektief Ubuhle Bobuntu Arts in Soweto. Hier word hulle op ’n praktiese manier geleer om kuns te skep.

“Die uitgangspunt is die hergebruik van materiaal en voorwerpe en hul fokus is ekokuns. Tot brood en koeimis verkry partykeer ’n nut in hul kunswerke. Hul kreatiwiteit is eenvoudig verstommend,” sê Le Roux.

Werke in die tentoonstelling Top Up Inside Out.Foto’s: Oliewenhuis-museum

Van die bekender voorwerpe wat in hul kuns gesien kan word, of daarin versteek is, is blikkies, vuurhoutjies, motorbande en selfs haarstukke.

Die kurator is Lehlohonolo Mkhasibe wie se werk ook deel van die uitstalling is.

Vir meer agtergrondinligting oor die kollektief word skakels na artikels geplaas en vir ’n groter werklikheid video’s en foto’s van die opening op 24 Mei 2018. Dit word op 14 en 15 Julie deur ’n video-opname van die rondleiding en die kunstenaars se beskrywings van hul werk opgevolg.

Op 16 Julie word ’n blik op Mbongeni Buthelezi se reisende uitstalling Imizwa Yami (…my feelings) gewerp wat in 2010 in Oliewenhuis te sien was.

Op 17 en 18 Julie word Mandeladag met aktiwiteite gevier waaraan oud en jonk kan deelneem.

Le Roux sê op soek na materiaal vir die inperkingstyd het sy en haar span op ’n skatkis van kunswerke en opnames afgekom, waarvan hulle dié uitsoek wat werklik ’n tweede besoek werd is.

Volg die aanbiedings daagliks op Oliewenhuis se Facebookblad https://www.facebook.com/OliewenhuisArtMuseum/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.