Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Besoek Zeitz-museum gratis in jou verjaardag-maand
Die kunsmuseum Zeitz Mocaa in die Silodistrik van die V&A Waterfront in Kaapstad.

Op jou verjaardag of enige dag in jou verjaardagmaand kan jy nou voortaan die Zeitz Mocaa-kunsmuseum in die V&A Waterfront se Silodistrik in Kaapstad gratis besoek.

Die museum is weekliks van Donderdag tot Sondag oop en kan nie meer die gebruiklike gratis toegang op Afrika-Woensdae bied nie, maar ter viering van jou verjaardag maak die hek spesiaal vir jou oop.

Al wat die besoeker moet doen, is om hul identiteitsdokument of paspoort te wys.

Vandeesmaand se aanlyn program van die museum is gefokus op die tentoonstelling Alfredo Jaar: The Rwanda Project en die jaarlikse internasionale dag van bepeinsing oor die volksmoord in Rwanda in 1994. Ter aansluiting daarby is daar op 29 April ’n gesprek oor die verhouding tussen trauma, kuns en genesing.

Benewens aanlyn gesprekke oor verskeie onderwerpe is daar ’n spesiale program vir families en kinders saamgestel wat kreatiwiteit uit die jongspan en hul ouers sal lok.

Besoek die museum se webblad vir verdere inligting oor die aanlyn program en ander bedrywighede. Die museum is van Donderdag tot Sondag oop van 10:00 tot 18:00. Toegang is R210. Lidmaatskap vir ’n jaar beloop R290. Maskers moet gedra word. Daar mag net 100 mense in die museum wees op enige gegewe tyd. Navrae: 087 350 4777, e-pos info@zeitzmocaa.museum of besoek https://zeitzmocaa.museum.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.