Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Besonderse ligfees op Spier lig die Covid-gemoed
Roelf Daling se ‘Wave machine’ op verlede jaar se ligfees op die Spier-landgoed.

’n Robot wat met lig kan verf en kykers nooi om saam te skilder, en ’n boom wat kan sing is van die installasies wat deel vorm van die jaarlikse Spier Light Art-ligfees op dié wynlandgoed naby Stellenbosch.

Die mens se behoefte aan lig en ligtheid is nou te midde van die koronaviruspandemie nog meer relevant as tevore.

So sê die kurators van dié gewilde jaarlikse ligfees wat honderde besoekers lok.

Dit word saans van 19 Maart tot 18 April aangebied.

Elke aand sodra dit skemer is word gehore getrakteer op ’n versameling van lig-, klank- en video-kunswerke op dié geskiedkundige Stellenbosse plaas.

“Al is Covid-19 ’n storm wat almal nou deurleef, het dit op elkeen ’n ander effek, veral in so ’n diep verdeelde samelewing soos ons s’n,” sê Jay Pather en Vaughn Sadie, die kurators.

Hoewel van die werke handel oor die pandemie, bied die ander werke “glimpse van pure skoonheid en is daar ook die geleentheid om te speel” sê hulle in ’n verklaring.

David Brits se ‘Boomslang’ wat verlede jaar op die ligfees op die Spier-landgoed naby Stellenbosch was.

Van die installasies wat te sien sal wees:

• Die interaktiewe installasie Lume van Egbert Westra. Besoekers moet hul selfone se flitslig gebruik om hul eie tekeninge te maak op ’n fosforiese skerm saam met Lucy, ’n robot wat met lig kan teken.

• In die Willow Collective se The Singing Tree word lig, musiek en tegnologie gebruik om ’n veranderende kunswerk te skep soos jy binne die “boom” rondbeweeg.

• Die bande tussen geliefdes word besing in die video-installasie Umdiydiya van Wezile Mgibe.

• Die verreikende impak van aardverwarming word in Georgia Munnik se How do you mourn? belig. Dit bestaan uit ’n paar kleurryke beeldhouwerke.

Die ligfees word gratis aangebied, besoekers moet egter ’n tydgleuf op Dineplan vir hul besoek bespreek met die nakoming van Covid-19-maatreëls. Besoekers moet ook aanmeld vir hul besoek en die dra van maskers ten alle tye is verpligtend. Die kunswerke is ver genoeg uit mekaar geplaas sodat ’n gesonde afstand gehandhaaf kan word.

Besoekers word aangeraai om teen skemer na die werke te kyk om so die sonsondergang en die aanskakeling van die ligte te geniet.

’n Piekniekmandjie kan vooraf bespreek word. Daar is ook verversings beskikbaar by opwip-koskraampies of die restaurante op die landgoed.

Meer oor:  Kunstenaars  |  Spier  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.