Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Botes beeld Marikana-slagting as Bybelse stryd uit
Detail uit Conrad Botes se werk The Goliath Protocol.

Die Marikana-slagting in 2012 is die vertrekpunt van die kunstenaar Conrad Botes se eerste solotentoonstelling in vyf jaar. The Goliath Protocol is 4 m x 7,5 m en is sy grootste werk nog.

Die Spaanse meester Francisco Goya dien as inspirasie vir dié werke wat tot 18 Mei in die Circa-galery in Johannesburg te sien is.

Botes sit in die tentoonstelling sy verkenning van Bybelse en mitologiese figure voort, waarmee hy in 2009 begin het. Bybelse figure en mites dien as die kern van sy onlangse tentoonstellings en deur die gebruik van allegorieë ondersoek hy daarmee politieke kwessies in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In sy tentoonstelling Cain and Abel van 2009 gebruik hy byvoorbeeld die verhaal van die Bybelse broedertwis met Kain wat Abel vermoor as allegorie vir die oorsprong van geweld. “Ek het teruggekeer na die eerste verhaal van moord in die Bybel en Koran, en lê parallelle tussen dié verhaal en die verhaal van geweld in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.”

Conrad Botes se The Goliath Protocol.

Onlangs, terwyl hy oor die slagting by Marikana gedink het, het die mite van Dawid wat die reus Goliat verslaan vir hom ooreenkomste met die gebeure op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn in Noordwes getoon. In die skermutseling met die polisie en ander wetstoepassers het 34 mynwerkers hul lewe verloor.

“Dit is of ’n meer gepaste allegorie nie bedink kan word nie. ’n Reus op ’n heuwel wat onderhandel met ’n gevreesde opponent, dinge loop skeef en ’n slagting volg waarin wapens gebruik word.”

Sy kunswerk The Goliath Protocol poog om die allegoriese verhaallyn en historiese impak te verbind en so die essensie van die gebeure van Augustus 2012 weer te gee. “Dit is nie ’n poging om ’n politieke stelling te maak nie.”

Botes het saam met die Spier-kunstetrust, Woven Ceramics en Black River Studio gewerk om die skildery van 4 m x 7,5 m op keramiekteëls te skep wat buite in ’n openbare plek ten toon gestel kan word.

Die kunstenaar se kunsboeke is ook op uitstalling en daarin kan die kyker insae in sy invloede kry.

Die tentoonstelling duur tot 18 Mei. Besoektye is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 18:00, en Saterdae van 09:00 tot 13:00. Die adres is Jellicoe-rylaan 6, Rosebank, Johannesburg. Navrae: 011 788 4805.

*Inligting verskaf deur die Circa-galery.

Meer oor:  Marikana  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.