Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Breytenbach-sentrum kan dalk sluit
Die kunswerk (akriel op doek (1.3 m x 1 m), wat die digterskilder Breyten Breytenbach beskikbaar gestel het ten bate van die restourasie van die Breytenbach-sentrum op Wellington.

Die geskiedkundige Breytenbach-sentrum op Wellington, wat nou al etlike jare as ’n kulturele sentrum bedryf word en waar die digtersfees Tuin van Digters aangebied word, het dringend herstelwerk nodig om moontlike sluiting te stuit.

Die sentrum, die eertydse gesinswoning van die digter Breyten Breytenbach, bekende Suid-Afrikaanse digter en kunstenaar, het geld nodig vir dié herstelwerk en ook die bedryfkoste van die sentrum. Die gebou is in die 1800’s gebou en is in 2006 net gedeeltelik gerestoureer.

Breytenbach het een van sy skilderye beskikbaar gestel vir ’n veiling ten bate van die herstel- en bedryfkoste. Die onderskeie programme en projekte by die Sentrum is selfvolhoubaar danksy skenkings en borgskappe.

Die kunswerk, tipies Breytenbach, is in die surrealistiese styl geskilder. Dit beeld die onlangse feesvieringe van die Tuin van Digters uit, waar hy as feesdigter gehuldig is, en sy 80ste verjaardag ook

Die Breytenbach-sentrum op Wellington.

gevier is.

Die sjefbeeld verteenwoordig die vooraf-ete wat gereël is op 12 September 2019 vir weldoeners en ondersteuners as deel van die geldinsamelingspoging. Die vrugte van die Wellington-vallei, druiwe, vye, appelkose, rissies en appels verteenwoordig die vrugbaarheid van die streek se mense sowel as hulle kreatiwiteit. Die eier in die hand van die sjef kan óf ’n eier óf die gongshi (heilige klip van wysheid) verteenwoordig.

Belangstellendes wat op die kunswerk wil bie of meer inligting daaroor benodig, kan dit in die Breytenbach Galery by die Breytenbach Sentrum in Burgerstraat 14, Wellington, besigtig of Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach-galery, kontak by galery@breytenbachsentrum.co.za of 021 864 2988. Die bod sluit Saterdag 30 November 2019 om middernag.

*Die Breytenbach-sentrum is dankbaar teenoor die Trustees van die Rupert Historiese Huise-stigting wat 50% (R700 792,47) van die totale restourasiekoste van R1 401 584,93 beskikbaar gestel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.