Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Chris se ‘Ligvanger’-foto’s terug by die begin . . . in Rosendal
Chris van Niekerk voor sy Ligvanger-fotografiekuns. Foto: Verskaf

Die akteur Chris van Niekerk het sewe jaar gelede met fotografie as ’n tweede kunsdissipline begin en eers ’n jaar gelede ’n resep gevind waarmee hy tevrede is.

Hy neem ligskynsels af wat patrone vorm en het dié gesofistikeerde foto’s onder die mooi titel Ligvanger versamel en uitgestal.

Die eerste uitstalling was op vanjaar se Woordfees in Stellenbosch en daarna het hy dit op die Vrystaat Kunstefees vertoon.

Nou is dit in die Stallery in Rosendal te sien, die dorp wat Van Niekerk se tuiste is en waar die eerste Ligvanger-foto’s vorm aangeneem het.

Van Niekerk het vertel hy het die skynsel van die liggies in sy tuin gefotografeer, maar veel meer gedoen as om net die kamera se knoppie te druk. Hy het met ’n oop sluiter die kamera in allerlei rigtings beweeg, dit in die rondte gedraai, partykeer stadig, partykeer vinniger.

  • Die beweging vorm ligstrepe in verskeie patrone, ligpatrone wat silwer- en koperkleurig skitter wanneer dit op aluminium gemonteer is. Die patrone is selde staties, want in sy gemonteerde staat kry dié fotokuns verdere dimensies, afhangend hoe lig daarop val of uit watter hoek dit bekyk word.Ligvanger kan bedags van 10:00 in die Stallery besigtig word.

Meer oor:  Fotografie  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.