Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Coetzer belig ‘emosionele tye en buie’ in uitstalling

Die aktrise Susan Coetzer se eerste formele kunsuitstalling in sowat ’n dekade word die naweek in die Ruimsig in Roodepoort aangebied.

Moments in Lights word Saterdag en Sondag in die Alice-kunsgalery ten toon gestel.

Susan Coetzer
Child on Jetty deur Susan Coetzer

“Die uitstalling weerspieël verskillende emosionele oomblikke en buie van die mens – byna soos ’n steelkykie deur ’n sleutelgat,” sê Coetzer.

“Die werke is almal in olie, maar hier en daar is gemengde media gebruik. Ek het ook uiteenlopende kleurpalette gebruik – van baie lig en sag tot helder uitbundig en oordadig, tot donker, swaarder bruin en swart – kompleet soos die mens se emosionele palet.”

Coetzer, wat tans in die kykNET-sepie Binnelanders te sien is, was al dikwels tevore by uitstallings in die Alice-galery betrokke.

Dit sluit in samewerking met kunstenaars soos Frans Groenewald en die ontslape skilder-priester Frans Claerhout.

Coetzer het ook vanjaar twee nuwe boeke die lig laat sien, die roman Selma en Louise en ’n geestelike boek Bruistablette vir die lewe.

Voorheen kon haar kuns in die destydse Blou Hond-teaterrestaurant in Linden besigtig word, waar sy tot 2012 haar eie galery, The Moody Art Gallery, bedryf het.

Die adres: Dryflaan 54, Ruimsig, Roodepoort.

* Skakel 011 958 1392 of stuur ’n e-pos na info@aliceart.co.za vir meer inligting.

Praying in the Rain deur Susan Coetzer
Meer oor:  Susan Coetzer  |  Alice-Kunsgalery  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.