Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Constant groet Basa in 2019
Michelle Constant

Michelle Constant, uitvoerende hoof van Basa (Business and Arts South Africa) het bedank. Sy sal tot aan die einde van Februarie volgende jaar in die pos wees wat sy sedert 2008 beklee het.

André le Roux, die voorsitter van Basa, het in ’n mediaverklaring gesê Constant het die organisasie oor die afgelope dekade uitstekend gelei en sy sal onthou word vir haar groot bydrae om die kreatiewe en sakesektore bymekaar te bring.

Basa word internasionaal erken vir sy ontwikkelingsprogramme en vennootskappe tussen sakeondernemings en die kunste. Dit het in 1997 tot stand gekom as ’n gesamentlike inisiatief tussen die departement kuns en kultuur en die sakesektor as vennote. Dit het tans 120 lede.

Die tema van vanjaar se Basa-pryse is “Erfenis” (Legacy) en volgens Le Roux is dit ’n gepaste tema om Constant se bydrae te vier.

Constant het in die verklaring gesê sy het in die dekade by Basa gesien watter verskil die sakesektor se betrokkenheid by die kunste gemaak het. Sy glo dat al die rolspelers saamgewerk het om ’n sterk en gesonde organisasie op te bou in Suid-Afrika en ook in die res van Afrika.

Onder haar leiding is navorsing gedoen en programme saamgestel vir sakeondernemings, kunstemakers en organisasies. Basa verskaf inligting oor die volhoubaarheid in die ontwikkeling van vennootskappe.

Volgens Le Roux sal Constant se opvolger binne die volgende ses maande aangewys word. Daar is reeds met die werwingsproses begin.

Vir meer inligting besoek www.basa.co.za.

Meer oor:  Johannesburg  |  Kunste  |  Michelle Constant  |  Basa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.