Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
‘Creative Block’-uitstalling open aanlyn
Alle Suid-Afrikaanse kunstenaars kan jaarliks aansoek doen om deel te neem aan die Creative Block-inisiatief wat deur Spier-kuns-trust, Nando’s en Hollard aangebied word. Tamlin Blake (links) kyk saam met twee kunstenaars na ’n paar van die skilderye wat vir die uitstalling ontvang is. Foto: Verskaf

Die Creative Block-kunsuitstalling wat vandag om 09:00 aanlyn by die GFI-galery in Port Elizabeth open, is ’n inisiatief wat in vennootskap deur die Spier-kuns-trust, Nando’s en Hollard aangebied word. Sedert 2004 is reeds meer as 17 500 Creative Blocks deur dié inisiatief uitgestal.

Alle Suid-Afrikaanse kunstenaars – gevestigde, bekende sowel as opkomende kunstenaars – is welkom om elke jaar wanneer die inisiatief aangebied word, aansoek te doen om daarvoor in te skryf.

Indien die aansoek aanvaar word, ontvang die kunstenaar ’n standaardgrootte skilderdoek, maar kan wel self op die tema of die medium wat vir die skildery gebruik sal word, besluit.

Sodra die kunswerk voltooi is word dit in Kaapstad, Johannesburg of Port Elizabeth ingehandig, en deur professionele kunskenners beoordeel.

Die skilderye wat gekies word vir die onderskeie uitstallings in die bogenoemde stede, word deur die Spier-kunstrust aangekoop om dan aan maatskappye of kunsversamelaars weer herverkoop te word.

Benewens die feit dat die kuns­tenaars wie se werk vir die uitstalling gekies word finansieel daarby baat vind, ontvang hulle ook internasionale blootstelling vir hul kuns.
The Creative Block-kunsuitstalling open vandag, 4 Desember 2020 aanlyn op die GFI-galery se Facebookblad en kan ook by die galery in Port Elizabeth besigtig word. Foto: Verskaf

Benewens die feit dat die kuns­tenaars wie se werk vir die uitstalling gekies word finansieel daarby baat vind, ontvang hulle ook internasionale blootstelling vir hul kuns.

Baie van die kunstenaars het nie formele opleiding ontvang nie en die insiggewende kritiek wat by die inhandiging van die kunswerke geskied, dra by tot die ontwikkeling van veral opkomende kunstenaars se style en tegniek.

Met die eenvormigheid van die standaardgrootte skilderdoeke word sommige kunstenaars verby hul grense gedruk om te produseer.

“Daar is wel vier groottes skilderdoeke wat onderskeidelik aan die kunstenaars uitgedeel word en ek dink dit dra by tot ’n interessanter formaat, veral wanneer dit uitgestal word,” sê Anna Stewart, die bestuurder van die GFI-galery.

Dit is nie net die kunstenaars wat by die unieke inisiatief baat nie, maar ook die algemene publiek sowel as kunsversamelaars.

Omdat die onderskeie grootte kunswerke dieselfde kos kan ’n kunswerk deur ’n welbekende kunstenaar teen ’n baie bekostigbare prys aangekoop word.

Kunsversamelaars kry ook ’n kans om met opkomende kunstenaars se kunswerke vir hul versameling te eksperimenteer sonder om ’n fortuin daarvoor te betaal.

Elke blok wat uitgestal word bestaan uit 250 kunswerke, elk deur ’n kunstenaar met sy eie unieke agtergrond, tema en skilderstyl.

Elke blok wat uitgestal word bestaan uit 250 kunswerke, elk deur ’n kunstenaar met sy eie unieke agtergrond, tema en skilderstyl.

“Wanneer al die skilderye so saam in ’n blokformaat uitgestal word, bied dit ’n indrukwekkende oorsig van Suid-Afrikaanse kuns,” sê Stewart.

Die skilderye kos: R1 500 vir 18 x 18 cm; R2 000 vir 20 x 30 cm; R3 200 vir 30 x 30 cm en R3 600 vir 30 x 38 cm.

Die uitstalling open vandag om 09:00 aanlyn op die GFI-galery se Facebook-blad en kan ook by die galery in Port Elizabeth besigtig word.

Skakel die GFI-galery by 041 586 3973, besoek www.gfiartgallery.com of die Facebook-blad vir meer inligting.

Meer oor:  Kunsuitstalling  |  Kuns  |  Aanlyn  |  Uitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.