Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Diek Grobler wen prys in Japan
’n Greep uit Diek Grobler se onlangs bekroonde animasiekortfliek.

Die visuele kunstenaar Diek Grobler het ’n spesiale prys vir sy animasiekortfliek Please Frog, Just One Sip! op die Hirosjima-animasiefees gewen.

Grobler het uit Japan laat weet hoe verras hy deur dié prys is.

“Die Hirosjima-animasiefees is die belangrikste fees in Asië, so toe my rolprent gekies is om hier vertoon te word, het ek besluit ek kan nie anders as om dit by te woon nie.

Diek Grobler

“Die fees is by die internasionale vereniging vir animasieflieks (ASIFA) geakkrediteer en ’n Oscar-kwalifiseerder.”

Grobler het die fliek gegrond op die illustrasies van sy broer, Piet Grobler, wat 'n gelyknamige boek voorheen uitgereik het.

"Ons het doelbewus direk met sy illustrasies gewerk om die unieke idee daarvan te behou. Dit sou meer prakties gewees het om die karakters te herontwerp om animasie te vergemaklik, maar ek wou spesifiek die gevoel van die boek behou."

Die beoordelaars was onder andere Priit Pärn van Estland en Vishnu Patel van Kanada, volgens hom van die mees prominente animasieregisseurs ter wêreld.

“Japan is fabelagtig,” sê Grobler. “En Hirosjima is ongelooflik. En roerend. En so stil as wat ’n stad maar kan wees. ’n Mens is heeltyd bewus van die verskriklike ding wat daar gebeur het. En die mense van die stad is sonder verwyt.”

Grobler is ook vroeër vanjaar vir die Weimar-poësierolprentfeesprys in Duitsland benoem. Sy animasie-kortfliek van die gedig “Mon Pays” (My Land) deur die digter Ousmane Moussa Diagana van Mauritanië, wat in Januarie dood is, is vir dié prys ingeskryf.

Dit is een van die gedigte wat Laurinda Hofmeyr getoonset het en in die Afrika, my verlange / Afrique mon désir-produksie saam met ’n groep sangers en musici op vanjaar se US Woordfees op Stellenbosch en die KKNK op Oudtshoorn uitgevoer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.