Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Eerste uitstalling vir 2020 geopen

Die Oos-Kaapse Waterverfvereniging het sy eerste uitstalling vir 2020 by die Alliance Française in Port Elizabeth geopen. “Dit is die eerste van drie uitstallings wat ons die jaar sal aanbied,” het Sheree Young, voorsitter van dié vereniging gesê.

“Die werk is nie vooraf beoordeel nie en die onus het op elke kunstenaar gerus om sy beste werk hiervoor in te handig.”

Waterverf kan beskryf word as ’n medium met eie wil. Dit vloei en meng dikwels na willekeur saam en benodig kundigheid en hope geduld om korrek toe te pas en daarom is daar des moontlik nie soveel kunstenaars wat die medium verkies nie.

Die Oos-Kaapse Waterverfvereniging het 25 lede wat wissel van beginners tot gevestigde kunstenaars. Verskeie van dié kunstenaars skilder ook met ander waterbasis-mediums.

Waterverfskildery
’n Waterverfskildery deur Jenny Furlong te sien by die Alliance Française in Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Om dié rede het die Oos-Kaapse Waterverfvereniging ook besluit om kunstenaars wat gebruik maak van enige waterbasis-kunsmediums soos akriel, gouache en ink genooi om by die verenging aan te sluit. 

Die besluit is gemaak op grond van die Internasionale Waterverfvereniging van Suid-Afrika wat dit al reeds ’n geruime tyd in sy midde verwelkom het.

“Hopelik sal daar ook by die volgende uitstalling ’n groter variasie van kunswerke te sien wees en sal die getal lede wat by die Vereniging aansluit as gevolg van dié besluit sommer vinnig vermeerder,” het Young gesê.

Die Oos-Kaapse Waterverfvereniging sal in 2020 elke eerste Woensdag van ’n maand byeenkom waar ’n kundige dan uitgenooi sal word om die groep toe te spreek oor die toepassing van die verskillende media of slypskole daaroor aangebied sal word.

Elke derde Woensdag sal ’n DVD oor die gebruik van die mediums vertoon word gevolg met ’n sessie waar raad rakende die kunstenaars se skilderye in wording, indien nodig, verskaf sal word. 

Tee en koffie word by die geleenthede bedien.

Die Oos-Kaapse Waterverfvereniging het ook ’n uitgebreide biblioteek met boeke sowel as DVD’s en die lede is welkom om daarvan gebruik te maak.

Dit sluit instruksieboeke en DVD’s oor die tegniek van teken- en skilderwerk in. 

Die Vereniging ontvang ook die internasionale tydskrif The Art of Watercolour wat in Frankryk gepubliseer word en wat ’n wyer insig in dié besondere medium bied.

Dit kos R170 per jaar om by die Oos-Kaapse Waterverfvereniging aan te sluit.

  • Skakel Sheree Young by 083 397 5410 vir meer inligting.
Meer oor:  Oos-Kaap  |  Kuns  |  Uitstalling  |  Kunsuitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.