Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Geskiedenis en see gedenk in landkunswerk
‘Stone Tide’ deur Strijdom van der Merwe.

Klippe uit die geskiedkundige seemuur by Seepunt in Kaapstad vorm nou deel van ’n unieke landkunswerk van die kunstenaar Strijdom van der Merwe.

Die werk Stone Tide, wat in ’n klipsirkel “uitgepak” by Mouillepunt is, het intussen ’n speelplek vir kinders op die gewilde Seepuntse promenade geword. Die granietklippe uit die historiese muur wat in 1742 deur slawe en gevangenes gebou is, is nou ’n vaste erfenis-aantrekkingskrag op dié deel van die kuswandelpad. Daagliks stroom honderde wandelaars, toeriste, fietsryers, honde-eienaars en drawwers na die kuspad. Van der Merwe het die werk geskep met die goedkeuring van die Kaapstad-metro en die Mouillepunt-belastingbetalersvereniging. Die aanlê van ’n grasperk is nog in die vooruitsig, maar moes op die lange baan geskuif word weens vroeëre waterbeperkings.

Die besonderse klippe, wat oorspronklik 300 jaar gelede deur boere op waens aangery is, het te voorskyn gekom tydens die opknappingswerk wat die stad aan die promenade doen, wat nou in sy derde fase is.

Die seemuur moes onder meer dringend versterk word om die aanslag van die see te weerstaan; bankies en speelareas is ook in die vooruitsig.

‘Stone Tide’ deur Strijdom van der Merwe.

Heelwat uitgrawings het die klippe na die oppervlak gebring. Sonette Smit, ’n landskapargitek, het dit eenkant gehou omdat dit “te mooi was om net weg te ry” en Van der Merwe is genader of hy moontlik op die plek iets daarmee sou kon skep.

“Ons neem aan dat die klippe heel waarskynlik gepak was, sonder ’n hegmiddel, of dat daar ’n tipe kalksement gebruik is.” Daar was streng voorwaardes dat die werk nie die uitsig mag belemmer nie en hy moes eers sy voorstelle aan die stad en die vereniging voorlê vir goedkeuring.

“Ek wou met die werk die see en die eb en vloei van die getye gedenk, omdat die klippe deur die see verweer is. Die sirkel-idee eggo ook Robbeneiland, wat sigbaar is van die kunswerk af en ook ’n sirkelvorm het.”

Die kontrakteurs wat die klippe volgens Van der Merwe se voorskrif geplaas het, is Guerrini Marine Construction.

Meer oor:  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.