Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Goldblatt se historiese foto’s van myne uitgestal
David Goldblatt afgeneem in 2014 in Kaapstad se Goodman-galery. Foto: LIZA VAN DEVENTER

Die laaste tentoonstelling waaraan die Suid-Afrikaanse fotograaf David Goldblatt voor sy dood verlede jaar gewerk het, word van 13 Februarie in die Norval-kunsinstituut in Steenberg naby Kaapstad aangebied.

On the Mines: David Goldblatt bestaan uit 80 foto’s van die goudmyne en die omliggende gemeenskappe wat uit die jare sestig en sewentig dateer toe mynbou een van die groot dryfkragte van die Suid-Afrikaanse ekonomie was. Sy lens was in die reeks gefokus op die mynbou-bedrywighede bo- en ondergronds. Die werke was saamgevoeg in die gelyknamige publikasie wat in 1973 by Struik verskyn het. Die foto’s is toegelig met teks deur die Nobelpryswenner Nadine Gordimer, Goldblatt se lewenslange vriendin.

Die omslag van David Goldblatt se boek On the Mines.

Goldblatt (1930-2018) dokumenteer hier oudergewoonte die Suid-Afrikaanse landskap, sy mense en instellings en hoe dit beïnvloed word deur politiek en mag.

Goldblatt het op die myndorp Randfontein in Gauteng grootgeword en van sy eerste foto’s as kind het myne as tema.

In 1988 was Goldblatt die eerste Suid-Afrikaner wat ’n solotentoonstelling in die Museum of Modern Art in New York gehou het. Onder sy vererings tel die Hasselblad-prys asook die Henri Cartier-Bresson-prys.

Navrae: Skakel 087 654 5900 of stuur ’n e-pos aan info@norvalfoundation.org.

Besoektye is Maandae, Donderdae, Vrydae en Sondae van 10:00 tot 18:00, Woensdae van 08:00 tot 18:00 en Saterdae van 10:00 tot 20:00. Die instituut is Dinsdae gesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.