SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Kuns
Gratis Live Art-fees daag uit in strate van Moederstad

Die Internasionale Live Art-fees word vanjaar vir die vierde keer in Kaapstad gehou. Daar sal meer as 40 gratis programme wees wat kuns, dans, musiek, literatuur en kunsuitstallings insluit. Internasionale en jong plaaslike kunstenaars neem deel.

Dié eiesoortige kunstefees is een van die eerstes op die vasteland en wil kulturele en konvensionele beperkings uitdaag.

Jay Pather

Vanjaar is daar vier verskillende platforms waaronder die verskeie werke verdeel is.

Jay Pather, kurator en direkteur van die Institute for Creative Arts (ICA) is veral opgewonde oor hoe ter sake elkeen vir die hier en nou is.

“Ons het nie die platforms voorgestel nie. Dit was eers nadat ons al die aansoeke gekry het dat ons kon sien hoe oorvleuel die kunstenaars se temas.”

Volgens hom is daar ’n sterk fokus op openbare kuns voordat dit ’n Westerse konnotasie gekry het.

“Kunstenaars kyk vanjaar veral na tradisionele Afrika-tradisies en -kulture. Hulle besef dat daar reeds interdissiplinêre metodes is in verskeie kulture,” sê hy.

Mamela Nyamza in Black Privilege

Die eerste platform fokus op Afrika as vasteland. Die tweede neig meer na die aktivistiese kant in kuns.

“Daar is veral jong kunstenaars wat weer na die Fees Must Fall-beweging sal kyk,” sê Pather.

Die publiek kan uitsien na Mamela Nyamza, danser, choreograaf en aktivis, se Black Privilege-uitstalling waarin sy haar eie liggaam gebruik as vorm van tentoonstelling.

Die derde platform kyk na intimiteit en biografie. Kunstenaars sal kyk na persoonlike stories, dekolonisering asook queer-intimiteit.

Die Suid-Afrikaanse musiekduo, FAKA, kyk na manlike seksklubs en sal ook van hul eie musiek uitvoer.

Talle kunstenaars sal verder na die nood van intieme verhoudings in stedelike gebiede kyk.

Die laaste platform herinner aan die mens se invloed op die klimaat en omgewing.

“Ons leef nou in ’n tyd waarin ons planeet weerloos geknak word,” sê Pather. “Klimaatsverandering en die invloed van besoedeling op die aardoppervlak is ’n belangrike en ernstige kwessie.

Lorin SookoolFoto: Gerome Stoffels

“Daar is ’n reeks Switserse en plaaslike kunstenaars wat die verwantskap van die ekologie en tradisionele medisyne ondersoek.”

Die meeste van die werke en optredes is by die Universiteit van Kaapstad se Hiddingh-kampus. Ander plekke sluit in die Iziko Nasionale Galery, museum en planetarium, die Zeitz Mocaa-museum van kontemporêre kuns by die V&A Waterfront, die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad, die Maitland-instituut en Kaapstadse biblioteek.

“Die wêreld raak meer ingewikkeld en al die kunstenaars dryf ons deur hul kuns om in gesprek te tree met die verwikkeldheid van ons tyd.

“Dis soos ’n sauna in jou kop. Hulle daag jou uit en verbreed ons ervarings,” sê Pather.

*Die Internasionale Live Art-fees vind van 1 tot 16 September plaas. Voorafbesprekings kan gedoen word by ica@uct.ac.za met die naam, titel van die optrede, telefoonnommer asook die aantal kaartjies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.