Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Groot pret om kunswerke tuis te herskep

Skep jou eie “Italiaanse kunswerk” met items in jou huis, neem ’n foto van jou skepping en deel dit op sosiale media. Dit is die uitdaging wat die Getty-kunsmuseum in Los Angeles in die inperkingstyd aan die publiek gestel het, terwyl sy deure vir besoekers gesluit is.

Kinderspel, Renaissance-skildery, olie op doek, en regs die susters Annabel en Maridi Wagner.

Van skreeusnaakse tot indrukwekkende herskeppings het daaruit gespruit en dit het boonop drie Kaapstadse gesinne so geïnspireer dat hulle dit as ’n projek aangepak het.

Getty skryf op sy webwerf ’n groepie kunsstudente in Amerika het met ’n herskepping van Jacques-Louis David se “The Death of Marat” begin wat progressief meer gedetailleerd en avontuurlik geword het. Sam Haller het hom as Johannes Vermeer se Nederlandse meisie met ’n pêrel-oorbel uitgebeeld en bied homself nou skertsend aan as “vroue-model” vir kunstenaars.

Marieke Streicher van Eversdal vertel vir hul projek het sy by haar kleinkinders begin en op Google Renaissance-werke met kinders gesoek. Vir haar dogters, Petro Wagner en Anneke Gräbe, wat albei babas het, het haar soektog na Madonna en kind aanvanklik net kaal babas opgelewer wat nie in haar smaak geval het nie.

Anneke Gräbe en die drie maande oue Clara in Madonna en kind uit die Italiaanse Renaissance.
Ricus Gräbe lyk op elke rooi haar na soos die Vlaamse skilder Vincent van Goch in sy selfportret.
Man met rooi tulband deur Jan van Eyck en Dirk Streicher (regs).

Sy sê sy het maar aanhou soek totdat sy gepaste skilderye met ’n ma en kind mét klere gevind het.

Omdat portret-opdragte in veral die Vlaamse Renaissance-era algemeen was – pleks van foto’s – het sy ’n groot keuse gehad. Haar man, Dirk, was tevrede met sy rooi kopdoek en het lekker saam gespeel.

Die Getty-museum se opdrag is die gebruik van drie huishoudelike items om ’n skildery na te boots. Streicher het inderdaad net serpe, ’n laken, tafeldoek, die kinders se speelgoedgeweer en sagte speelgoed met kreatiewe sukses nadergetrek.

Sy sê egter: “Dit het my meer as ’n dag geneem om geskikte oorspronklike skilderye te vind, die rekwisiete bymekaar te maak, die modelle op te stel en die foto’s geneem te kry, maar dit was groot pret.”

Getty vra deelnemers om die foto’s op Instagram, Twitter of Facebook te deel. Streicher sê hulle gaan die “skilderye” as ’n geskenk stuur vir hul niggie Zanelle Britz wat op 7 April verjaar.

Meer oor:  Los Angeles  |  Kunswerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.