Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Hennie Niemann stal in Artvark-galery in Kalkbaai uit

Van 1 April af bied die kuns­tenaar Hennie Niemann sr. vir die eerste keer ’n uitstalling in sy lang loopbaan aan.

Dit word in die Artvark-galery in Kalkbaai aangebied. Die openingspreker is Eunice Visser en die rolprentmaker Koos Roets vertoon tydens die geleentheid die eerste 10 minute van die dokumentêr Beitel en kwas wat hy oor Niemann gemaak het.

’n Boek oor Niemann, Creative Spirit, deur Sas Kloppers het verlede jaar by Dream Afri­ca Publishers verskyn.

Dit was op aanbeveling van die kunstenaar Gregoire Boonzaier dat Niemann heeltyds begin skilder het, en nou het ’n boek oor die lewe en loopbaan van Niemann die lig gesien.

Hy was ’n onderwyser en het in 1983 besluit om na Onrus in die Wes-Kaap te verhuis waar hy en sy vrou ’n bestaan kon maak.

Niemann het met die verskyning van die boek gesê hy skilder steeds sewe dae ’n week.

“Onrus het ons goed gedoen. Hier het ons kennis gemaak met Jan Rabie, Marjorie Wallace en Uys Krige. Hulle was ons kuier-en-drink-vriende.”

Daar is afbeeldings van ’n keur van Niemann se skilderye in die boek, asook ’n skets van Boonzaier wat Niemann gemaak het.

Kloppers van Dream Africa het Niemann oortuig dat ’n boek soos Creative Spirit sal werk. Hy was nogtans verbaas oor die boek.

“Ek was nooit erg oor te veel aandag nie, maar ek is dankbaar dat ek myself in my kuns kon inleef. Dit was aanvanklik nie maklik nie, veral nie geldelik nie.”

Die boek bevat sy familiegeskiedenis en ’n oorsig van Niemann se kuns.

Niemann het in Bloemfontein grootgeword en het aan die Laerskool President Brand en die Hoërskool Sentraal hier skoolgegaan.

Op skool was die kunsklasse sy gunsteling. Hy het vroeg ’n liefde en belangstelling in abstrakte kuns ontwikkel en wou heeltyd skryfwerk oor kuns lees.

Hy het begin kennis neem van name soos Afro Basaldella, Antoni Clave en Antoni Tàpies.

Hy het ook Rembrandt se sketse begin nateken.

Die uitstalling word om 11:00 geopen.

Die adres: Mainweg 48, Kalkbaai. Skakel 021 788 5584 of stuur e-pos na artvark@iafrica.com vir meer inligting.

Meer oor:  Kunstenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.