Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Hulp gevra om kunstenaars van Knysna te help
Alex HamiltonFoto: Denvor de Wee

’n Spesiale kunsfonds vir Knysna se kunstenaars wat hul huise, kunswerke en daarmee ook hul lewensmiddele in die brande verloor het, vra skenkings.

Alex Hamilton, bekende kunstenaar en kurator van onder meer die US Woordfees, het die #Brushstroke-fonds – ’n kunstenaars-vir-kunstenaars-liefdadigheidsfonds – heropen nadat hy gehoor het van drie kunstenaars wie se huise afgebrand het.

“Ek het pas gehoor die keramiekkunstenaar Mike Vlok en die kunskurator Elfriede Dreyer se huise afgebrand het.

“As kunstenaars hul werk en hul werkruimte verloor, verloor hulle ook ’n inkomste. Ons het destyds die #Brushstroke-fonds in die lewe geroep vir die mediese koste van ’n kunstenaar met kanker. Nou wil ons die kunstenaars van Knysna help.”

Hamilton versoek ander kunstenaars en die verskaffers van kunsmateriaal om by te dra. Dit kan hul eie kunswerke wees, materiale, of enigiets wat die kunstenaars kan help. Die kunswerke gaan verkoop word om geld in te samel. “As kunstenaars weet ons wat ander kunstenaars nodig het. Hulle moet so gou moontlik weer begin werk om ’n inkomste te verseker.”

Hy sê Dreyer, wat ook as kunskurator van die KKNK gewerk het en ’n galery in Pretoria bedryf het, het ’n kunsversameling gehad wat sy oor baie jare opgebou het. Sy het sowat ’n jaar gelede na Knysna verhuis.

Belangstellendes kan Hamilton per e-pos kontak by zelda.hamilton@gmail.com om ’n katalogus van beskikbare kunswerke te ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.