Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
In Madrid skop jy meesters agter elke bos uit

Die kunswerke van ou meesters soos Goya, El Greco, Fra Angelico en Velázquez word nou in Madrid se strate ten toon gestel.

‘Die oorgawe van Breda’ deur die Spaanse kunstenaar Velázquez staan teen die heining van die bekende park Parque de El Retiro in Madrid. Foto: Museo Nacional del Prado

Maar wees gerus, dit is nie die oorspronklike werke wat in die bekende Prado-kunsmuseum te sien is nie.

Afdrukke van die skilderye is op strate agter boomtakke, teen geboue en ysterheinings aangebring, en word ook op lughawens uitgestal.

Die doel van die projek, waarvan die naam “Net om die draai” beteken, is om kleur te gee aan die daaglikse lewe van gewone burgers deur die werke op onverwagte plekke te sit om van naderby te besigtig.

Dit is deel van die Prado se reeks inisiatiewe om die kuns na die mense te neem.

Vorige projekte sluit in “Prado in die strate” en “Vandag is Prado-dag”. – Museo Nacional del Prado

Meer oor:  Prado  |  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.