Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Indiese en Suid-Afrikaanse kunstenaars se werk te sien

Die Indiese kunstenaar Sheetal Gattani en Pauline Gutter van Suid-Afrika het mekaar nog nooit ontmoet nie, tog is hulle met mekaar verweef. Hulle praat dieselfde taal, die taal van kuns, en die werke wat hulle vir A Tangible Cohesion aanbied, het almal ’n element van tasbare verwewing.

Terwyl die duo-uitstalling in Bloemfontein aan die gang is, neem Gattani ook deel aan ’n groepuitstalling in die Mokgalery op die Muratie-wynlandgoed by Stellenbosch. Haar mededeelnemers is van Amerika, China, Kanada, Australië en Suid-Afrika met as gemeenskaplike faktor die bywoon van dieselfde etskursus in Venesië. Die kurator van Printmakers of Venice is Katie Barnard du Toit van De Aar, wat ook die kursus deurloop het.

The Great Beyond (olie op vlaslinne, 157x107 cm) deur Pauline Gutter.

Terug by A Tangible Cohesion: Terwyl Gattani abstraksionisme verkies, is Gutter se werk realisties. Gattani verdiep haar in die kreatiewe proses en weet nie hoe die eindproduk gaan lyk nie. Gutter weet van die begin wat sy wil skilder.

Vir die uitstalling is hande haar fokus, meestal haar eie hande wat van kleins af gewerk het. Sy het geweef, geteken, geskilder en nou nog is dit wat haar hande doen, hulle skep kuns.

Vir die meeste van die werke het sy houtskool gebruik en net vir enkeles olie op doek. Hierbenewens stal sy twee groot skilderye uit. ’n Bees getitel Aftermath, kenmerkend van haar plaastema, en ’n landskap. Burn the Roots is haar kunstenaarsweergawe van die Knysna-omgewing ná die vernietigende brande waar Gutter verlede jaar twee maande deurgebring het.

Ongetitelde werk in houtskool en pastelle deur Sheetal Gattani.

Gutter beeld dit uit met klei, waks, olieverf en gesso. Gesso is ’n soort kunsverf wat Gutter vir dié werk self gemeng het met materiaal uit die omgewing.

Gattani se kuns het nie ’n narratief nie, is dikwels vormloos en kleurloos en die palet meestal monochromaties. Die merke op papier is dié wat ná verskeie lae vertoon. Sy beskryf haar skeppingsproses as “speelse ontdekking”.

’n Anonieme kunstenaarsgroep in Bloemfontein en Du Toit het Gattani se besoek moontlik gemaak.

*

Gallery on Leviseur, Bloemfontein, tot 23 September.

* Mokgalery, Stellenbosch, 2 tot 28 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.