Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Inskrywings vir gesogte Helgaard Steyn-prys ingewag

Inskrywings word ingewag vir die gesogte Helgaard Steyn-prys, waarvoor Suid-Afrikaanse beeldhouers vanjaar in aanmerking kom.

Dit word elke vier jaar vir uitmuntende werk in vier kunsvorms toegeken: musiekkomposisie, skilderkuns, letterkunde en beeldhou.

Willem Boshoff

Van die land se voorste beeldhouers is al voorheen met dié prys vereer – onder andere David Brown (1989), Jackson Hlungwane (1993), Willem Boshoff (2001), Jan van der Merwe (2005), Wim Botha (2013) en Angus Taylor (2017).

Toe Taylor vier jaar gelede as die wenner aangewys is, het hy gesê: “As iemand (soos die Helgaard Steyn Trust) jou raaksien, is dit ’n hupstoot en motivering om met jou werk voort te gaan. Dit moedig jou aan om verder te soek en te deel.”

Werk wat tussen 2017 en 2020 voltooi is, kom in aanmerking.

Dit sluit in vrystaande beelde en konstruksies, keramiek, reliëfwerk en binnenshuise of opelug-installasies in enige permanente medium. Die werk moes op ’n uitstalling vir die publiek te koop aangebied gewees het, of moet nou in ’n openbare ruimte besigtig kan word.

Angus Taylor

Kunsmuseums, galerye, kurators, kunskonsultante en kunste-administrateurs word aangemoedig om in te skryf deur die paneel van beoordelaars te voorsien van ’n benoeming met ’n motivering, curriculum vitae van die betrokke kunstenaar en besonderhede omtrent relevante kunswerke (insluitende visuele dokumentasie).

Die benoemings sluit op 26 Julie. Meer inligting oor die prys, asook die benoemingsvorm, is by helgaardsteynpryse.co.za beskikbaar.

• Rig navrae aan nominasies@helgaardsteynpryse.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.