Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Invloed van velkleur ondersoek

Suid-Afrika se inwoners word beskryf as ’n reënboognasie, maar, al is ons ’n kleurvolle nasie, dra ons steeds swaar aan ons skuld en verwyte en gun mekaar nie altyd die son wat oor ons skyn nie.

Our Skin is Not the Problem is ’n groepuitstalling waar kunstenaars deur middel van kuns hul mening oor dié dikwels ongemaklike onderwerp kon gee. Dit kan in die Galerie Noko in Richmond Hill in Gqeberha (Port Elizabeth) besigtig word.

Beeldhoukuns deur Jessica Bothma kan in die Galerie Noko in Gqeberha besigtig word. Foto’s: Willemien Green

“Sover bekend, het geen ander liggaamsdeel of karaktertrek van die mens nog ooit soveel reaksie soos velkleur uitgelok nie,” sê Usen Obot, eienaar van dié galery. “Ons is verenig sowel as verdeeld as gevolg daarvan.

“Met die uitstalling word kunstenaars uitgedaag om die invloed van ’n mens se velkleur op ’n gemeenskap te ondersoek en dit op ’n persoonlike manier, en met die media en kunsvorm van hul keuse, oor te dra.”

Jessica Bothma, Melokuhle Mdlopane, Sikelelo Holose, Sharon Moses, Tema Ndzimandze, Thamsanqa Mfuphi,Vuyokazi Makohliso, Rohini Amratlal, Mthokozisi Xulu, Minenhle Nxele, Alvin Inensiko, Kenneth Ndumiso en Sakhile Mhlongo is die kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem. Die uitstalling duur tot 21 Mei. Skakel 041 582 2090 of 073 088 5883 of stuur epos na galerienoko@gmail. com of info@galerienoko.com vir meer inligting.

A Reflection deur Thamsanqa Mfuphi kan in die Galerie Noko in Gqeberha besigtig word.

Meer oor:  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.