Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Jonk en oud, stof af jou verfkwas vir kunskompetisie!

Kunssinniges het danksy Optog! en die Atterbury-teater in Pretoria ’n nuwe rede om hul verfkwaste op te tel en voor hul skilderdoeke in te skuif.

Die eerste nasionale Optog!-kunskompetisie daag professionele en stokperdjiekunstenaars van enige ouderdom uit om ’n kunswerk te skep wat die onderwerp “My wêreld” ten toon stel.

Op die spel? Kontantpryse van R40 000.

Volgens Jané Roets, Atterbury-teater se korporatiewe bestuurder, is die kunskompetisie ’n splinternuwe konsep wat hopelik vir nog baie jare aangebied sal word.

Die uitdaging is om ’n tekening, skildery, etswerk of sifdruk van nie groter nie as A2-grootte (594 mm x 420 mm) te skep. Geen beeldhou- of naaldwerk word aanvaar nie. Inskrywings op papier moet geraam wees.

“Die kunswerke moet na die Atterbury-teater gestuur word waar dit tussen einde Julie en die begin van Augustus uitgestal sal word sodat die publiek dit kan besigtig,” sê Roets.

“Al die kunswerke sal ook aanlyn besigtig kan word en dit kan te koop aangebied word aan die talle besoekers wat daarna gaan kom kyk.”

Kunstenaars kan die koopprys minus kommissie van 25% aan die Atterbury-teater in hul sak steek.

Belangstellendes kan soveel keer inskryf as wat hulle wil. Elke inskrywing kos R100.

Daar is vyf kategorieë: vyf tot ses jaar oud (met kontantpryse van R1 500, R1 000 en R500 aan onderskeidelik die eerste, tweede en derde plek), sewe tot tien jaar oud (R1 500, R1 000 en R500), 11 tot 14 jaar oud (R3 000, R2 000 en R1 000), 15 tot 18 jaar oud (R3 000, R2 000 en R1 000) en 19 jaar en ouer (R10 000, R5 000 en R3 000).

Inskrywings sluit op 19 Julie en die kunswerke moet die Atterbury-teater teen 21 Julie bereik.

Besoek atterburytheatre.co.za/optog-nasionale-kunskompetisie vir die inskrywingsvorm en die kompetisiereëls. Navrae kan per e-pos na kuns@optog.co.za, info@optog.co.za, jane@optog.co.za of corien@optog.co.za gestuur word.

Die kompetisie word benewens die Atterbury-teater ook deur King Price-versekering moontlik gemaak.

Meer oor:  Kuns  |  Optog!  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.